Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Nataniël en Erik wéér saam ná Edik van Nantes

Nuus
06 September 2022
Lees meer hier.
 Nataniël en Erik le Roux

’n Nuwe avontuur met Nataniël en Erik le Roux wag op kykers!

Die Le Roux-broers keer terug met ’n splinternuwe reeks, Nataniël. Erik. Wolf. wat op Sondag 16 Oktober om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, afskop.

Kospotte, kuns, geskiedenis en skoonheid bly herkenbare elemente, maar hierdie keer word ’n wêreld van fantasie, boosheid, goedheid, wreedheid en redding ontdek.

Nataniël het al menigte van sy projekte begin ná ’n ontdekking op die boekrak. Hierdie keer was dit ’n vergete houer vol illustrasies deur die Franse kunstenaar Gustave Doré (1832 – 1883). Dié heerlike sketse het gelei tot Nataniël se herontdekking van al die sprokies waarmee kinders wêreldwyd grootgemaak word, asook die behoefte om die oorspronklike weergawes – onveranderd deur kommersiële uitgewers of filmmakers – op te spoor.

Uiteindelik is ontwerpers en beeldende kunstenaars – Suid-Afrikaans en Europees – gevra om betrokke te raak en so is Nataniël en sy span vir die eerste keer in drie jaar terug na Nantes, Frankryk.

Hierdie keer het Erik ’n eeue-oue werkswinkel op die gronde van ’n eksentrieke herehuis opgespoor en tussen die bome van ’n groen woud is ’n nuwe reeks vir die kassie gebore.

Kos, kuns, ontwerp, boeke, stories en baie musiek vorm die basis van hierdie 13-episode reeks. Die Steinway-pianis Charl du Plessis het by die groep aangesluit en is in talle episodes (en situasies!) te siene. Oorspronklike musiek deur Nataniël is omskep in ’n opwindende en atmosferiese klankbaan en die twee broers hoop dat kykers sal ontspan, saam lag, saam kook, saam reis, saam ontdek, vrae vra, kwessies aanspreek, inspirasie vind, meegevoer word en vir ’n paar maande elke week met vreugde begin.

Nataniël. Erik. Wolf. begin Sondag 16 Oktober om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.