Logo
kykNET_Op_my_Eish!_S3_Brendan_Peyper_Slim_BB
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13 L

Hier’s die 12 dames wat saam met Brendan Peyper die Oos-Vrystaat gaan plat toer

Nuus
12 Januarie 2024
Brendan het totsiens gesê vir vier dames in episode een.
Op my eish! 3 se dames

Ná 16 fenomenale afsprake, het Brendan Peyper sy finale keuse in Op my eish! gemaak en nou gaan net 12 dames hierdie reis saam met hom aanpak in die Oos-Vrystaat.

Die 12 dames wat oorbly is Chaunte du Bruyn, Natasha Jansen van Rensburg, Christine Kirkcaldy, Luzaan Marais, Katja Pieters, Nadia Olivier, Janae Stander, Rachelle Fourie, Runet van Heerden, Sonel van der Walt, Jane Bacher en Thelmané Wentzel.

In gisteraand se episode het Chantelle Smith, Juané Lubbe, Bianca de Reuck en Nina Smit se reis tot ’n einde gekom.

Maar dié dames sit glad nie in sak en as nie! Die liefde blom reeds vir een dame. 

Nina sê haar deelname aan Op my eish! was ’n ongelooflike ervaring. “Ek het die geleentheid gehad om soveel stunning mense te ontmoet en ek is nie ’n oomblik spyt nie! Dit was ’n ervaring om te onthou!” vertel sy opgewonde.

Nina en haar kêrel ken al mekaar vir jare, maar noudat hy terug is van oorsee, het hulle besluit om hul verhouding ’n kans te gee. 

Vir Bianca was dit ’n baie interessante ondervinding, want sy sal nie gewoonlik so ’n groot uitdaging aanpak nie. “Maar ek is baie bly ek het, want ek het al hierdie amazing mense ontmoet en nuwe goedtjies geleer van myself wat ek nie geweet het ek in staat was om te doen nie.”

Juané meen die ervaring was vir haar ’n belewenis. “Om eerlik te wees, tussen al die dames was my senuweevlakke seker die hoogste! Maar verseker is ek bly dat ek kon deel wees van die program!” vertel sy trots.

Chantelle sê op haar beurt dat sy die kort tydjie verskriklik geniet het. “Ek is so geseënd om vriendinne te hê wat ’n positiewe impak om my lewe het,” sê sy.

Bianca, Juané en Chantelle glo steeds in liefde en glo dat die regte persone op die regte tyd hul paaie sal kruis.

Volg Brendan se soektog na liefde vanaf Donderdag 11 Januarie 2024 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Op my eish! sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.