Logo
kykNET_Op_my_Eish!_S3_Brendan_Peyper_Slim_BB
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13 L

Eish! Onverwagse wending toe Runet self besluit om huistoe te gaan – Op my eish

Nuus
23 Februarie 2024
Dié donkerdop van Dubai het vertel sy was baie op haar senuwees die oggend toe sy die besluit geneem het.
Op my eish poster

In episode sewe van Op my eish! was Brendan Peyper en die dames in skok gelaat toe Runet van Heerden besluit om nie die reis verder aan te pak nie. Dié donkerdop van Dubai het eers met Brendan gesels en daarna het sy wingman, Jo Black, die nuus met die dames gedeel.

Runet het wel die vorige aand vir van die dames vertel, maar nooit het hulle gedink dit gaan rêrig gebeur nie.

“Ek was baie op my senuwees daai oggend en daar was ook ’n bietjie onsekerheid of ek die regte besluit maak. Maar ek het vroeg begin ervaar dat Brendan net oë vir een of twee meisies het. En daarom was ek nooit gemaklik om myself bloot te stel nie,” vertel Runet.

Maar Runet sê as sy wel dinge kon verander, sou sy haarself bietjie meer oopgemaak het vir die proses. “Ek kon wys dat ek rêrig belanggestel het, maar dit was nie vir my maklik nie.”

En met net sewe dames oor het die spanning omtrent verdubbel. Met die eerste aktiwiteit het Brendan vir Thelmané, Jonelle en Katja gekies om saam met hom te abseil.

Nadat Thelmané en Jonelle klaar was, het Brendan verklap dat hy opsetlik tot laaste gewag het om bietjie alleentyd met Katja te kry. Liefde was omtrent in die lug op die duine en Katja het van die oomblik gebruik gemaak om Brendan bietjie gerus te stel met ’n soen om sy hoogtevrees te oorkom.

Die volgende aktiwiteit was saam met Rachelle, Janae, Chaunté en Christine. Dié klomp het in ’n lugballon gevlieg en daarna het Brendan vir Chaunté op ’n afspraak genooi.

En hier kon Brendan bietjie dieper delf met Chaunté. Chaunté het oopgemaak oor haar geloof, hoe sy geboelie was, haar eetversteuring en ook hoe sy voel oor die oorblywende dames.

Maar Brendan het dit duidelik gemaak – hy hou glad nie van drama nie! Sal wat Chaunté gedeel het Brendan se keuses beïnvloed?

Op my eish! word elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream.