Logo
kykNET_Op_my_Eish!_S3_Brendan_Peyper_Slim_BB
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13 L

Vyf dinge wat jy moet weet oor "Op my eish!" se reünie-episode

Nuus
11 April 2024
Lees meer oor wat agter-die-skerms van die episode plaasgevind het.
Op my eish dames

Ná 13 episodes, verskeie avonture, ’n paar groot dramas en ’n soeke na liefde, het die gewilde sanger Brendan Peyper sy keuse gemaak: die 22-jarige Janae Stander. Maar anders as in die verlede, sluit hierdie seisoen van Op my eish! ook ’n reünie-episode in met Brendan se wingman, Jo Black, wat as aanbieder optree.

Hier is vyf dinge wat jy oor die reünie-episode moet weet:

  1. Die episode is op 19 Maart vanjaar by Pheasant Hill, ’n boetiekhotel buite Pretoria, verfilm. “Ek moes in ’n week uitvind hoe die filmspan, die 14 deelnemers en Brendan en Jo se beskikbaarheid lyk en toe as ’t ware begin skaak speel om ’n datum te kry wat almal pas,” sê Gideon Eksteen van Wakanda Media, Op my eish! se vervaardigers.
  2. Al die deelnemers was daar behalwe Christine Kirkcaldy, maar daar is geen dramatiese rede hoekom sy nie daar kon wees nie. “Sy het haar eie salon in Hartbeespoort en omdat ons op redelike kort kennisgewing besluit het om die reünie-episode te doen, kon sy nie al haar kliënte skuif nie,” sê Gideon.
  3. Die inkleding van die vertrek waar die episode verfilm is, asook die deelnemers se klere, hare en grimering het fyn beplanning gekos. “kykNET het gehou van die idee van ’n blommemuur, en ons het die res van die stel rondom dit beplan,” sê Gideon. “Chanel Fivaz-Badenhorst was die kreatiewe regisseur en Keaton Jackson haar assistent. Hulle is bygestaan deur nog vyf haar- en grimeerkunstenaars om te sorg dat al die deelnemers tiptop lyk. Die kunsspan het twee dae voor die opnames begin met die inkleding, en die tegniese span het die volgende dag die kameras, ligte en klank opgestel. Dit het dus ’n groot span geneem om alles bymekaar te sit, en ons is baie trots op die eindproduk.”
  4. Hierdie is die derde seisoen van Op my eish!, maar die eerste keer wat ’n reünie-episode verfilm is. “Brendan en Jo was die grootste trekpleisters,” sê Gideon oor die sukses van die seisoen. “Op my eish! was reeds ’n gewilde program, maar met twee sulke groot name, het dit beslis baie kykers se aandag getrek. Elkeen van die deelnemers het ook hulle eie persoonlikheid wat deurgeskyn het, en dit het gesorg vir ongelooflike vermaak waarvan kykers meer wou hê.”
  5. Die liefde het gewen. Nie net het Brendan vir Janae ontmoet nie, vyf van die ander deelnemers – Sonel, Thelmané, Nadia, Jané en Katja – het intussen liefde gevind. “Op my eish! se hele span was en is ongelooflik en so passievol oor die reeks,” sê Gideon. “Dis ’n uitdaging om soveel elemente bymekaar te kry, maar almal laat dit met ’n glimlag gebeur. Ons doen dit vir die kykers, maar ook met die hoop dat daar ’n paartjie sal wegstap wat dolverlief is op mekaar.”

Stroom die laaste episode van Op my eish! op DStv Stream.