Jy kan dié blits-oefenprogram van Linda Kriel met een van die programme op haar Kry Daai Lyf DVD kombineer.
Volgens Kriel sal dié vinnige program help om kilojoules in ’n kort tyd te verbrand, terwyl dit terselfdertyd jou arms, bene en boude opknap.
Vandeesweek se program:
Opwarming: draf op die plek, swaai arms en doen ligte strekoefeninge (2 minute). 20 Hurksitte (squats): buig kniëe en raak die grond.
20 Opstote (push-ups): dames kan op hul knieë staan om dit makliker te maak.
20 Beenhurke (lunges): sien beskrywing en foto.
1 minuut bo-arms: gebruik ligte gewigte (1 tot 1,5 kg) en stoot dit boontoe.
Herhaal die hele roetine 3 keer.
Beenhurke
Die boude, voorste en agterste bobeenspiere en die bo-arms word ingespan. Staan regop met jou voete bymekaar en hou ’n gewiggie in elke hand vas. Tree ver vorentoe met jou regtervoet en land sag met die hak eerste, terwyl albei knieë 90° buig. Terwyl jy jou bene buig, buig ook jou arms en bring die gewiggies op na jou skouers. Lig weer jou regtervoet, tree terug na die beginposisie en laat sak terselfdertyd die gewigte. Herhaal met die linkerbeen. Gaan voort deur om die beurt met die regter- en linkervoet vorentoe te tree.
Let wel: As jy knieprobleme het, moenie so diep buig nie.