Logo
Fiks of niks
web uni tv guide

Fiks Of Niks

144RealiteitPG13

Fiks of niks: Ses uiteenlopende persoonlikhede pak 'n leefstylverandering aan

Nuus
08 September 2023
Die deelnemers het oor nege maande ’n holistiese fiksheidspad aangepak. Lees meer.
Fiks of Niks tv-program

In ’n splinternuwe leefstyl- en realiteitsprogram op kykNET (DStv-kanaal 144), gaan ses deelnemers van Sondag 8 Oktober om 17:30 kyk of hulle ’n totale verandering aan hulle lewe kan maak, maar in Fiks of niks doen dit elkeen vir hulle eie redes. 

Die ses deelnemers het oor nege maande ’n holistiese fiksheidspad aangepak, alles terwyl hulle hul eie lewens ook bestuur het. Hulle moes na hulle onderskeie eetplanne kyk, byhou by die oefeningprogram, nee sê vir allerlei versoekings op die pad en selfs beserings oorkom. Die borg van die program is Body20.

Die holistiese benadering van die program, wys dat daar nie net gefokus is op hoe die deelnemers lyk nie, maar ook na hulle emosionele welstand.

Lizahn Bester (35) is agt jaar getroud, maar sukkel om swanger te raak. ’n Afspraak by ’n fertiliteitspesialis het gewys dat sy endometriose het waarvoor sy ’n operasie nodig het. Die dokter het haar egter aangeraai om eers gewig te verloor en daarom het sy besluit om deel van die program te word.

Henck Conrey (36) is bekend as aanbieder van Vat jou goed en trek en is vroeër vanjaar deur die tydskrif Men’s Health uitgedaag om op die voorblad van hulle Januarie-uitgawe van 2024 te wees. Met sy besige skedule waar hy onder meer verskeie besighede bestuur, het Henck besluit om Body20 te kry om hom te help om reg te wees vir die voorbladfotosessie.

Ellenie Marais (52) is vier jaar gelede met borskanker gediagnoseer en het ’n dubbele mastektomie ondergaan. Sy het intussen meer as 30 kg gewig opgetel en het besluit dit is tyd om dit te verloor sodat sy vir haar borsrekonstruksie-operasie kan gaan.

Rhona Ferreira (65) was in 2008 in ’n motorongeluk en sy is sedertdien ’n parapleeg. Sy was voorheen baie lief vir sport en neem deel aan hierdie program om fiks genoeg te word sodat sy aan ’n tennistoernooi kan deelneem.

Nomvula Rakolote (46) is ’n suksesvolle sakevrou, ma en eggenoot. As dit hoof van ’n groot besigheid en ’n gepubliseerde skrywer, het sy meer as genoeg op haar skinkbord. Maar sy wil graag gewig verloor en ’n gesonder leefstyl handhaaf.

Lindie Janse van Rensburg (50) het 25 jaar van haar lewe gegee vir haar man en kinders. Ná ’n gruwelike egskeiding en met haar kinders uit die huis, voel sy dit is tyd om op haarself te fokus, gewig te verloor en gemakliker in haar eie lyf te voel.

  • Fiks of niks begin op Sondag 8 Oktober om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.

Fiks of niks: Six diverse contestants make a lifestyle change

In a brand new lifestyle and reality show on kykNET (DStv channel 144), six contestants are going to show what it takes to change your life. Fiks of niks starts on Sunday 8 October at 17:30 and will show how six contestants take on the challenge, but each for their own reasons.

It took the contestants a holistic path of nine months to make these changes to their lives, all whilst running their own busy schedules as well. They had to follow diets, exercise, say no to temptation and had to face the setback of injuries. The sponsor of the series is Body20.

Lizahn Bester (35) has been married for 8 years, but is struggling to fall pregnant. A fertility doctor finds that she has endometriosis and that she requires surgery, but the doctor advises her to lose weight as it might be a hinderance during the fertility process. 

Henck Conrey (36) runs several businesses and is the presenter of Vat jou goed en trek. He was challenged by Men’s Health magazine earlier this year to be on the cover of their January 2024 issue. With his busy schedule, Henck asked Body20 to help him get ready for the photo session.

Ellenie Marais (52) was diagnosed with breast cancer four years ago and underwent a double mastectomy. She has picked up more that 30 kg since then and feels it is time to take her life back by losing the weight and going for breast reconstruction surgery.

Rhona Ferreira (65) was involved in a car accident in 2008 that left her paralyzed from the waist down. She used to be a highly active person who loved playing sport. She embarks on this journey to gain strength for a tennis tournament.

Nomvula Rakolote (46) is a successful business woman, mother and wife. As the CEO of a big corporation and being a published author, she finds herself engrossed with her career and her family. She does however feel she needs to lose weight to be healthier and undertakes the journey to show that you can have it all. 

Lindie Janse van Rensburg (50) devoted 25 years to her husband and children, but after a terrible divorce and with her children out of the house, she feels it is time to focus on herself and lose weight to feel more comfortable in her skin.

  • Fiks of niks starts on Sunday 8 October at 17:30 on kykNET (DStv channel 144) and will also be available on DStv Stream.