Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Eerste indrukke tel! – Kunsvlyt 3

Nuus
30 Julie 2019
Vele hande, ligte werk!
Kunsvlyt_FB

Kunsvlyters Danielle Nortier, Teresa Wessels, Elanie Pelser het vandeesweek se uitdaging gewen en gewys dat eerste indrukke belangrik is wanneer dit by ’n huis kom. Só kan ’n voorportaal in ’n japtrap opgekikker word. 

Jy benodig: 

  • Krytverf van Creative Talents in lig grys, donker grys, wit en skakerings van groen
  • Donker politer (dark wax) van Creative Talents
  • Gelatos van Faber-Castell
  • Houtletters wat die woord “Welkom” spel van Creative Talents
  • Gomgeweer
  • Skêr
  • Geblomde materiaal van Metro
  • Materiaal lint van Metro
  • ’n Verskeidenheid houtrame van Creative Talents
    • Filigree rame
    • Breë plat houtraam.
  • TomBow gom van The Wholesaler
  • Faber-Castell “Brush Point Pen” in swart
  • Skroewe
  • “Copper leaf” van Dala
  • Spons vir kussing van Metro Lifestyle
  • Hakke, deurknoppe en staal versiering uit die Rommelkas
  • Tydskrif rakkie van Creative Talents
  • Little Birdie Sparkle Paste

Stappe: 

Stap 1

Gebruik die krytverf (donker grys) om die hele oppervlak van die kas te verf. Saag die hoeke van die filigree houtrame af en gebruik dit as versiering op die hoeke van die kas. Meet voor jy saag en plak dit vas met die gomgeweer. Verf die filigree rame ook donkergrys.

Stap 2

Plak spons (in regte grootte gesny) met houtlym vas op die kas. Verf die tydskrif rakkie met liggrys krytverf.  Versier die breë plat rand fotoraam met die “Copper Leaf”. Gebruik die TomBow-gom om die “Copper Leaf” mee te plak.

Stap 3

Verdonker die hoeke en kante van die hele kas met die donker politoer om diepte te gee. Verf ’n fokus kleur in op die motief van jou lap – in hierdie geval is groen krytverf gebruik om die blomme motief op te helder. Verf die hakke en knoppe (uit die rommelkas) met die Sparkle Paste vir ekstra kleur.  Draai die hakke en knoppe in met skroewe. Sit die staalraam versiering ook vas met skroewe. Skryf ’n woord of frase op die tydskrif rakkie met die “Brush Point Pen” in swart. Skakeer die res van die tydskrifrakkie met Gelatos in grys en groen.

Stap 4

Vou die materiaal styf om die spons, en skiet dit vas met ’n kramgeweer.  Verf die ‘Welkom’ letters in wit krytverf en rond af met die donker grys krytverf. Wanneer die letters droog is – plak dit voor op die kas met die gomgeweer vas. Plak die materiaal lint rondom die kussing se rand met die Tombow-gom en kram geweer.

Kyk hier na die foto’s:

Gallery


As jy hou van wat jy sien, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.