Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

Waarom elke waterdruppel tel

Nuus
04 Augustus 2022
Lees meer hier oor hoekom boere so erg is oor waterbesparing.
plaasjapie water bespaar

In die derde episode van Plaasjapie, moes die twee spanne Noubees en Soetmelksvlei water bespaar terwyl hulle struikelblokke moes oorkom.

Kyk hier hoe maklik dit was om druppels water te verloor.

Hier volg ’n paar feite oor waarom elke druppel geld vir plaaslike boere:

Om te boer in Suid-Afrika is nie maklik nie, juis omdat die land bekend is as ’n water-skaarste land. Volgens die verslag Agriculture: Facts & Trends South Africa, is slegs 12% van die land geskik vir die produksie van reëngevoede gewasse en produktiwiteit word deur reënval gemeet. Boere word dus aangeraai om hul waterverbruiksdoeltreffendheid te verhoog en aktiwiteite te doen soos uitheemse plante te verwyder.

Waterbesparing het nie net voordele in vir die plaas nie, maar die breë gemeenskap.

Het jy geweet dat Kaapstad kon sy Dag Zero in 2018 terugskuif vanaf 16 April tot 11 Mei weens Wes-Kaapse boere wat ’n groot water skenking aan die Stad Kaapstad gemaak het? Volgens Quartz Africa, het die boere wat besef het hulle het ’n surplus van water gehad, hul damme oopgemaak en 10 miljoen liters water aan die stad verskaf.

Boer maak ’n plan

Verskeie maniere van hoe boere water spaar sluit in die oes en berging van water, wisselweiding, kompos en deklaag, slim besproeiingskedulering, en drupbesproeiing.

Buhle Farmers’ Academy, wat ’n ondersteuningsprogram aan hul studente-boere bied, raai aan dat jong saaiboere moet diversifiseer. Dit beteken dat in plaas daarvan dat hulle slegs saaiboerdery doen, kan hulle byvoorbeeld vee ook aanhou en daarmee boer.

Skakel elke Donderdagaand om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien watter uitdaging die Plaasjapie-deelnemers gaan moet baasraak om die koring van die kaf te skei. Gesels saam op FacebookTwitter én Instagram deur die hutsmerk, #Plaasjapie te gebruik.