Logo

Boer Soek ’n Vrou: Kykers stem oor verliefdheid en familie

Nuus
13 Desember 2016
Ons wou op WeChat by kykers weet wat dit beteken om verlief te wees op iemand. Só het julle gestem.

Boer Soek ’n Vrou-kykers kan weekliks deelneem aan ons WeChat-peiling! In die episode wat op 1 Desember uitgesaai is moes die boere elkeen een van die vroue op hul plase huis toe stuur – wat vir ’n paar ’n baie moeilike besluit was om te neem.

Ons wou op WeChat by kykers weet wat dit beteken om verlief te wees op iemand. Só het julle gestem:

Jy kry vlinders in jou maag wanneer daar ’n ‘spark’ is – 100% van die stemme;
Jy raak nie oornag verlief nie – dit is iets wat met tyd ontwikkel – 0%;
Ek glo nie in verliefdheid nie. Julle moet goed oor die weg kom – 0%

Die week daarna het die boere die twee oorblywende dames aan hul vriende en familie voorgestel. Op WeChat wou ons weet of kykers dink dis belangrik vir die boere om te hoor wat hul naastes van die dames dink. Julle het gesê:

Ja. Dis die mense wat ons boere die beste ken – 33% van die stemme;
Hul opinies is belangrik, maar nie die alfa en omega nie – 33%;
Ek sou my nie steur aan wat hulle dink nie – jou eie opinie dra die swaarste gewig – 33%

Hierdie week vra ons: Het die boere reeds hul keuse gemaak of gaan alleentyd die deurslag gee?

Wil jy deelneem? Laai dan die kitsboodskapdiens WeChat (dit is gratis in Android of Apple se aanlyn winkels beskikbaar) af en gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg. Klik op die ikoon regs bo-aan kykNET se profiel en kies “Follow”. Nou kan jy gaan stem! Klik op “Stem Boer” om aan die peiling deel te neem en jou stem te laat hoor!

Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.

Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.