Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Familie opinie – Boer soek ’n vrou

Nuus
03 April 2023
Dit was hierdie week die boere se beurt om ’n goeie indruk te maak en die pasmaats se geliefdes beter te leer ken.
Boer soek 'n vrou

Boer Philru

Boer Philru het duidelik onmiddellik ’n goeie indruk gemaak! Lané se pa het sommer al by die eerste ontbyt sy dogter gekomplimenteer oor haar keuse wat sy gemaak het en noem ook dat sy soos ’n “ander mens” is na dié proses.

Lané se familie en vriende was ook beïndruk met hoe gemaklik Philru was met almal by die braai en almal kon sien dat Lané reeds sterk gevoelens vir dié boer het, maar op die ou einde, soos Lané se pa noem, is daar net een ding wat saak maak: “As sy gelukkig is, is ons gelukkig.”

Boer Louis B

Na dié besoek was een ding baie duidelik: Rachie se pa hoef nie oortuig te word nie! Louis B het hierdie pa vinnig oor gewen en dit was soos twee ou vriende wat lekker saam om die vuur kuier.

Ander familielede en vriende het ook opgemerk dat Louis B die “sagtheid” uit Rachie bring, haar aanvul en hard genoeg praat om dadelik te kan inskakel! Almal het sonder twyfel gehou van wat hulle sien en Louis B is selfs reg om môre sy goed te vat en te trek na Rachie se deel van die wêreld.

Boer Louis M

Anja se ouers geniet Louis M se sêgoed, grappe en spontane persoonlikheid, maar ander familielede en vriende is bang dat dié twee se sterk persoonlikhede op tye gaan bots:

“Hy en Anja is baie dieselfde, want Anja sê haar sê ook, en ek dink daar gaan hulle bietjie koppe stamp.”

Dié twee het reeds bietjie op mekaar se tone getrap, maar albei hoop steeds dat hulle ’n pad kan stap en baie oomblikke saam kan geniet in die toekoms.

Boer Hennie

“Dit voel vir my asof ons hom al vir jare ken.” Hennie het dadelik opgemerk dat hy voel asof hy by sy tweede huis kuier en Eloîse se ma het beslis saamgestem.

Eloîse se geliefdes kon duidelik sien dat Hennie aanpasbaar, spontaan en vol grappe is. Hennie het sonder enige probleme ingeskakel by die familie en almal sien uit vir die volgende kuier!

Boer Francois

Vanessa se dogters het tydens Francois se besoek opgemerk dat hulle ’n kant van hulle eie ma gesien het wat vir hulle iets heeltemal nuut is.

“Ek het haar nog nooit persoonlik verlief gesien nie, so dit is ’n aanpassing vir my, maar ek ‘love’ dit.”

Die res van haar geliefdes het ook opgemerk dat sy “soos ’n tiener” is rondom hom en dat dié twee halsoorkop verlief is! Almal stem ook saam dat Vanessa en Francois mekaar mooi aanvul en perfek bymekaar pas. Dus het Francois sonder twyfel die “stamp of approval”.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in en gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram te gebruik.