Logo

Familie is alles – Boer soek ‘n vrou

Nuus
03 Maart 2022
Vandeesweek in Boer soek ‘n vrou het die twee dames op elke plaas hul boer se familie en vriende ontmoet.
BSV Artikel Familie Image

Daar was ‘n bietjie plaaspret die oggend voor die senuwees van familie-ontmoet ingeskop het.

 

Kyk hier wat elke boer se familie en vriende van hulle twee dames gedink het:

 

Arina en Liandi het ‘n besonderse goeie indruk op Boer Johan se vriende en familie gemaak.

Die dames het lekker gesels en heel gemaklik by die familie en vriende ingeskakel.

 

Sonja en Chantel het goed ingepas op die plaas en gemaklik gekuier met Boer Willem se familie en vriende.

 

Boer Tyson se dames het die bul by die horings geneem. Anelle het besluit om Tyson se beste vriend te peper met vra oor Tyson om meer uit te vind oor hom en hoe sy in sy lewe sal inpas.

 

Boer Petré het ‘n baie moeilike besluit wat vir hom voorlê. Bu-Anda en Lourize het baie goed ingeskakel by sy vriende en familie. Maar watter dame sal hom die gelukkigste maak?

 

Vir Boer Nelis se dames was die aand so bietjie oorweldigend. Sal Nelis kwaliteittyd sal kan spandeer aan beide dames voordat hy sy finale besluit moet maak?

 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir nog liefde en plaaspret in Boer Soek ‘n Vrou en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.