Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

11de kykNET Fiëstas – glansryk en inspirerend

Nuus
02 Maart 2021
Anders, maar steeds glansryk en inspirerend. Dít is hoe vanjaar se Fiësta-toekennings beskryf kan word.
Untitled design

Ten spyte van die uitdagings van die beperkings as gevolg van Covid-19 het daar kreatiwitiet geseëvier om die uitvoerende kunste en gehore bymekaar te bring. Die 11de kykNET Fiëstas vind plaas om hierdie werk te vereer.

Vanjaar se Fiësta-toekennings, wat vir die elfde keer uitgedeel word, is as gevolg van die pandemie nie ’n lewendige uitsending voor ’n groot gehoor soos in die verlede nie, maar wel net so opwindend soos vorige jare. Die toekenningsgeleentheid is die afgelope naweek verfilm en word op Sondag 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

“Wat doen die muse as hy by ‘n fees aankom en daar gaan niks aan nie? Die ligte is af en alles is toe onder lakens en stof,” sê die regisseur van vanjaar se Fiëstas, Hennie van Greunen. “Wel, hy begin met ‘n noot op die ou klavier wat eenkant staan. As hy hierdie twee koorde bymekaar inprop, gaan doer êrens ‘n verhooglig aan.”

Groot name in die vermaakbedryf is vanjaar deel van die produksie: Joshua na die reën, Antoinette Kellerman, De Klerk Oelofse, Corlea Botha, Elandré, Jemma Kahn, Anna Davel, Richard September en Charlton George, asook opkomende sterre soos die danser DfeatSA, die sanger Kyle Seconna, die aktrise en sangeres Devonecia Swartz en die jong stemme van Phoebe Maxaji, Mia Dippenaar en Wanda Jacobs.

Soos gewoonlik gaan daar ook drie legendes vereer word met lewensbydrae-toekennings. Hierdie toekennings gaan vanjaar aan die veelsydige akteur, filmmaker en radioman Nic de Jager, die sanger en akteur Terry Fortune en die legendariese fotograaf Bob Martin.

Benewens toekennings in twaalf kategorieë wat toneel, musiek, kuns en dans insluit, is daar ook vanjaar vir die eerste keer drie Sinjatuur-toekennings wat toegeken gaan word.  Dié toekennings gaan aan kunstenaars wat tot nou toe uitsonderlik presteer het in hulle loopbane. Soos met die Blou Fiësta, die toekenning wat gaan aan ’n uitsonderlike prestasie op die feeste program, word die wenners van die Sinjatuur-toekennings eers die aand van die uitsending bekend gemaak.

Skakel Sondag 7 Maart 20:00 in vir die 11de kykNET Fiëstas op kykNET (DStv-kanaal 144).