Logo
Anzel in die boland
web uni tv guide

Anzél In Die Boland

144ReisprogramPG

Hier is die wenners van die 13de kykNET Fiëstas

Nuus
09 Maart 2023
Die wenners van die 13de kykNET Fiëstas is op Donderdag 9 Maart tydens ‘n intieme funksie by the Lookout in Kaapstad aangekondig.
Fiestas 2023 Social Sharing Image

Daar was toekennings in dertien kategorieë uitgedeel, en die skrywer, digter en aktivis Dr. Diana Ferrus en die musiek-maestro Prof. Hubert van der Spuy is vir hulle lewensbydrae tot die kunste vereer.  Suidooster se Jawaahier Petersen en Fraksie se Melt Sieberhagen was die seremoniemeesters en Schalk Joubert, Ramon Alexander en Babalwa Mentjies het vir die musiekvermaak gesorg.

Die wenners in die onderskeie kategorieë is:

Beste spel in ’n hoofrol

Sandra Prinsloo vir Die moeder (US Woordfees)

Beste spel in ’n ondersteunende rol

Carlo Daniels vir Ek, Anna van Wyk (KKNK)

© Nardus Engelbrecht

Beste regie

Christiaan Olwagen vir Die moeder (US Woordfees)

© Nardus Engelbrecht

Beste teaterontwerp

Gideon Lombard vir die klankbaan en ontwerp van Karatara (KKNK, SOF)

© Nardus Engelbrecht

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, verwerking of vertaling

Adriaan Havenga vir Iewers in die grys (US Woordfees)

© Nardus Engelbrecht

Beste prestasie in klassieke musiek

Handel at Home (US Woordfees, KKNK)

© Nardus Engelbrecht

Beste prestasie in visuele kuns

Pitika Ntuli vir Azibuyele Emasiswene / Terugkeer na die bron (Vrystaat)

© Nardus Engelbrecht

Beste musiekgedrewe produksie

Prima Donna (KKNK)

© Nardus Engelbrecht

Beste bydrae tot ’n musiekgedrewe produksie

The Ancient Voices (Nomapostile Nyiti en Lungiswa Plaatjies) vir Die oerkluts kwyt (KKNK, SOF, Aardklop)

© Nardus Engelbrecht

Beste feesproduksie

Die moeder (US Woordfees)

Beste opkomende kunstenaar

Adriaan Havenga: teks vir Iewers in die grys en sy spel en teks vir Om skoon te wees (Woordfees en KKNK)

Blou Fiësta

Stemme (SOF)

Vyftien dramaturge het kort kragtige monoloë in verskeie Suid-Afrikaanse tale geskryf. Die monoloë is deur die Suidoosterfees opgevoer en is daarna verfilm en saam met die tekste op LitNet vrygestel.

© Nardus Engelbrecht

“Die bekendes en onbekendes, veterane en nuwelinge wat gehore die afgelope jaar dwarsdeur die land op verhoë geroer en vermaak het, is helde in ons oë. Hulle was die genomineerdes by vanjaar se Fiësta-toekennings. Uit hierdie reeds uitgelese groep het die Fiësta-paneel diegene gekies wat by die afgelope jaar se kunstefeeste die tydsgees presies reg gelees het en besondere werk kon skep,” verduidelik Waldimar Pelser, M-Net-direkteur: Premium-kanale. “Ons sê baie geluk aan vanjaar se wenners, vir wie ons hoop die toekenning ’n spesiale oomblik in hul loopbane sal wees. Tog bly selfs ’n gesogte Fiësta-trofee die tweede prys – die eerste prys is altyd die waardering van die publiek.”

Van die bekendes wat Fiësta-toekennings oorhandig het, was Dawid Minaar, Cintaine Schutte, Lynelle Kenned, Irshaad Ally en Nicola Hanekom.

Die toekennings is nie vanjaar regstreeks uitgesaai nie, maar Fiësta se program op 24 Maart sal aan die glans-aand gewy word en ’n insetsel van die aand sal op Bravo! op 26 Maart gewys word.

Vir meer navrae, kontak Lindi Herbst by [email protected].