Logo

Hier is die benoemings – 12de kykNET Fiëstas

Nuus
02 Maart 2022
Die feesjaar se oes was dalk nie so geil soos vorige jare nie, maar die kunstefeeste en die kunstenaars het steeds aanhou kwaliteit werk skep.
12de Fiëstas 2022 – Billboard

Vir vanjaar se Fiësta-toekennings is daar vier kategorieë, en soos in die verlede word vier legendes vereer vir hul bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunslandskap.

Hiermee die benoemings in die vier kategorieë:
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS
Growing seeds of hope – Innibos
Liewe land! – Aardklop
Paint/Verf – KKNK
Progression – KKNK

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE
Beauty in variation/Variation in beauty – Vrystaat Kunstefees
David Kramer-huldeblyk: Boland tot Broadway – Woordfees
Karnaval van die diere – Aardklop
Zorada in orrelstemmingh – Woordfees

BESTE FEESPRODUKSIE: TEATER
Cleanse – Vrystaat Kunstefees
Ferine & Ferase – Woordfees
Opdrifsel – Aardklop en KKNK
Mannetjie – Suidoosterfees

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR
Adelia Douw (David Kramer-huldeblyk) – Woordfees
Jodi Jantjies (Liedjiemakers) – Suidoosterfees
René Cloete (The infinite woman) – Suidoosterfees
Stephren Saayman (Mannetjie) – Suidoosterfees

Die vier legendes wat vereer word, is die veteraan-joernalis Martie Meiring, die teater-meester Mannie Manim, die musiek-ikoon David Kramer en die wêrelderkende kunstenaar Conrad Theys.

Die Fiësta-toekennings word vooraf opgeneem en word op 27 Maart om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal uitgesaai. Van die aanbieders sluit in Stian Bam, Christo Davids, Wilhelm van der Walt en Tinarie van Wyk Loots.

“Die figure wat ons vereer by vanjaar se Fiëstas het kuns gemaak nie ter wille van kuns of ter wille bloot van hulself nie maar ter will van die gewone mense wie se siele in die teater gesalf word. Teater help ’n gemeenskap gesond bly, en ons huldig die teater- en feesgemeenskap vir wat hulle selfs tydens Covid gedoen het om aan te hou skep,” sê Waldimar Pelser, direkteur van kykNET-kanale.