Logo

En die benoemdes vir die 13de kykNET Fiëstas is...

Nuus
03 Februarie 2023
Kom loer 'n bietjie wie is benoem vir wêreldgehalte werk op plaaslike kunstefeeste.
13de kykNET Fiëstas

Die wêreld het stadig maar seker weer in 2022 uit sy dop gekruip en die kunste in Suid-Afrika het weer eens gewys dat niks ons veerkragtige kunstenaars sal keer om werk van wêreldgehalte te vervaardig nie.

Die kykNET Fiësta-toekennings, wat sedert 2011 uitmuntende werk op kunstefeeste vereer, het ook gedurende die pandemie erkenning gegee aan werk wat in uitsonderlike omstandighede geskep en dikwels op innoverende maniere opgevoer is. Verlede jaar kon die Fiëstas-paneel egter weer kunstefeeste dwarsoor die land bywoon en debuutwerke in persoon ervaar, beoordeel en vir die Fiëstas benoem.

Daar is vanjaar elf kategorieë met vier benoemdes per kategorie.

Beste spel in ’n hoofrol

Antoinette Kellermann – die oerkluts kwyt (KKNK, Suidoosterfees, Aardklop)

Marlo Minnaar – Die halwe huis (KKNK, Suidoosterfees)

Sandra Prinsloo – Die moeder (Toyota US Woordfees)

Tinarie van Wyk Loots – Ek, Anna van Wyk (KKNK) 

Beste spel in ’n ondersteunende rol

Carlo Daniels – Concerning the Life of Baby Boy Kleintjies (Toyota US Woordfees)

Carlo Daniels – Ek, Anna van Wyk (KKNK)

Dawid Minnaar – Die moeder (Toyota US Woordfees)

Wian Taljaard – Die Suid-Afrikaners (Toyota US Woordfees)

Beste regie

Christiaan Olwagen – Die moeder (Toyota US Woordfees)

Gideon Lombard – Karatara (KKNK, Suidoosterfees)

Marthinus Basson – Ek, Anna van Wyk (KKNK)

Marthinus Basson – Terminaal 3 (KKNK)

Beste teaterontwerp

Birrie le Roux – Stel- en kostuumontwerp: Die moeder (Toyota US Woordfees)

Gideon Lombard – Klankbaan en ontwerp: Karatara (KKNK, Suidoosterfees)

Marthinus Basson – Stel, kostuums, inkleding: Ek, Anna van Wyk (KKNK)

Nataniël – Musiekverwerkings: Die Smitstraat Suite (Aardklop)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, verwerking of vertaling

Adriaan Havenga – Iewers in die grys (Toyota US Woordfees)

Frieda van den Heever – Samestelling van die oerkluts kwyt (KKNK, Suidoosterfees, Aardklop)

Nataniël – Die Smitstraat Suite (Aardklop)

Ricardo Arendse – Die halwe huis (KKNK, Suidoosterfees)

Beste prestasie in klassieke musiek

Handel at Home (Toyota US Woordfees, KKNK)

Late (and Last) Works by Schubert, Brahms, Debussy (Toyota US Woordfees)

Le Roux Marais: Pionier (Toyota US Woordfees)

The Gqeberha Trio (KKNK)

Beste prestasie in visuele kuns

André Badenhorst – Taalgenoot-foto-uitstalling (Vrystaat Kunstefees)

Ingrid Uys – Fladder (Aardklop)

Karin Preller – Beyond Memory (KKNK)

Pitika Ntuli – Azibuyele Emasisweni / Terugkeer na die bron (Vrystaat Kunstefees) 

Beste musiekgedrewe produksie

Femme is fatale (Vrystaat Kunstefees)

Ligval (Aardklop)

Die Smitstraat Suite – Nataniël (Aardklop)

Prima donna (KKNK)

Beste bydrae tot ’n musiekgedrewe produksie

Akustika-kamerkoor – Die Smitstraat Suite (Aardklop)

Juan Floors Oosthuizen – Prima donna (KKNK)

Lynelle Kenned – Handel at Home (KKNK)

The Ancient Voices (Nomapostile Nyiti en Lungiswa Plaatjies) – die oerkluts kwyt (KKNK, Suidoosterfees, Aardklop)

Beste opkomende kunstenaar

Adriaan Havenga – Iewers in die grys: Teks (Toyota US Woordfees) en Om skoon te wees: Spel en teks (KKNK)

Conradie van Heerden – Om skoon te wees: Spel (KKNK)

Gita Fourie – Afval: Teks (Toyota US Woordfees)

Jacobus de Jager – Bach (to a) Blast!: Dirigent (Toyota US Woordfees)

Beste feesproduksie

Die halwe huis (KKNK, Suidoosterfees)

Die moeder (Toyota US Woordfees)

Ek, Anna van Wyk (KKNK)

Karatara (KKNK, Suidoosterfees)

“Die stil jaar ná die pandemie het allermins kunstenaars se kreatiwiteit gekortwiek,” sê die sameroeper van die Fiëstas-paneel, Herman van der Westhuizen. “Soveel kunstefeeste en kunstenaars het met gehalte-aanbiedings die kollig betree. Die Fiësta-toekennings is ’n staande ovasie vir die uitsonderlike werk wat in 2022 op die feeskringloop aangebied is. Die Fiëstas-paneel het ’n fenomenale feesjaar beleef en sê byvoorbaat geluk aan ieder en elk wat met hulle skeppings die uitvoerende kunste laat gedy het.”

Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid word op 9 Maart in Kaapstad gehou. Dié geleentheid is vanjaar meer intiem met net benoemdes en ander prominente rolspelers as gaste. Die toekennings word ook nie vanjaar op TV uitgesaai nie.

Vir meer inligting, kontak Lindi Herbst: [email protected].