Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit 30 April 2018 – Segment 2: Plastiek

Video
01 Mei

Prontuit 30 April 2018 – Segment 2: Plastiek Dis goedkoop, veelsydig, en alomteenwoordig, maar vergaan nooit - plastiek. Die tragiese dood van ’n spermwalvis wat onlangs op ’n strand in die suide van Spanje uitgespoel het met meer as 30 kilogram se plastiek in sy maag het die wêreld geskok. Volgens ’n studie wat in 2015 gedoen is, land daar na raming 12,7 miljoen metrieke ton plastiek jaarliks in die see. Marinebioloë en wetenskaplikes meen teen hierdie tempo daar teen 2035 meer plastiek as vis in die see sal wees. Navorsing wys Suid-Afrika is onder die top 20 lande wat bydrae tot plastiekbesoedeling in die see. Dr. Mia Otto, ‘n ekoloog, Elise Tempelhoff, Netwerk24 en Beeld se omgewingsjoernalis en dr. Tony Ribbink, uitvoerende hoof van die Sustainable Seas trust gesels vanaand hieroor Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!