Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit 21 Mei 2018: Die Square Kilometre Array-projek - Segment 3

Video
22 Mei

Die Square Kilometre Array-projek, of te wel SKA, hou reuse vooruitgang vir ruimte navorsing in. Wanneer dit voltooi is sal dit die grootste radio teleskoop ter wêreld wees en die inligting wat daardeur versamel word, sal glo ongeëwenaar wees. Soos met enigiets in die lewe is daar egter ook baie nadele aan verbonde. Die gemeenskappe in die Hardemanskaroo - in die distrikte Carnarvon, Williston en Van Wyksvlei - wat gasheer vir die projek is, is nie almal so opgewonde daaroor as die wetenskaplikes wat daarby betrokke is nie. Die Prontuit-span het hierdie afgeleë deel van Suid-Afrika besoek en met boere en ander belanghebbendes gaan gesels. Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!