Logo

Prinses

Video
15 Augustus

Ken jou demone Met Bertha le Roux, Dirk Stoltz, Jané van der Westhuizen, Debre Rossouw, Adri Britz, JC Snooke, Zelda Roelofs en Juané Vermaak. As die eerste Afrikaanse bonatuurlike riller in die Suid Afrikaanse film industrie, handel Prinses oor drie generasies se geestes struwelinge wat oorgedra word van generasie tot generasie. Twaalf jarige Simoné Rossouw, die nuwe prinses van Laerskool Sonstraal, kan nie die druk van haar ouers, veral haar ma hanteer nie, en gevolglik kom die demone van haar oorlede ouma en oumagrootjie een aand om haar lewe oor te vat. Wanneer die metaforiese bloedlynvloeke Simoné forseer om eienaardig op te tree, begin Simoné om voorspelling skilderye te skilder. Haar kunsonderwyser meneer Botha stel gou ondersoek in en kom agter dat die "donker" in haar, beplan om die uitbeelding van die skilderye in werklikheid uit te voer. Uiteindelik word almal gekonfronteer met hul demone en word forseer om finaal daarmee af te reken. Akteurs te sien in die kortfilm sluit in o.a. Bertha le Roux (7de Laan), Dirk Stoltz (Binneland) en stel Jane vd Westhuizen bekend as die 12 jarige Simone Strydom. Sy het ook onlangs 'n rol vertolk teenoor Samuel L Jackson in die internasionale film, KITE, wat in 2014 vrygestel sal word.
Jy sal ook hiervan hou