Logo

Beskermhere

Video
13 Augustus

Tweede kanse kom net twee keer... Genre: Bonatuurlike Donkerkomedie Adriaan Bam is nie reg om dood te gaan nie. Ongelukkig is dit presies wat gebeur as hy homself een aand per ongeluk ná 'n liefdestelleurstelling dooddrink. Gelukkig vir hom is sy beskermengel, Frank, lankal gatvol vir die hiernamaals en meer as bereid om die onsigbare wêreld omvêr te werp om vir Adriaan nog 'n kans te gee. So deurmekaar soos die heelal egter voorkom word dit deur streng reëls beheer en wanneer Frank hulle breek word 'n string karakters uit hierdie, en ander wêrelde, in 'n burokratiese nagmerrie van die hiernamaals ingesleep.
Jy sal ook hiervan hou