Logo

Die BACH-Motief

Video
14 Augustus

Die enigste krag sterker as verlies is verlossing Genre: Drama Amanda (Erica Wessels), 'n musiekonderwyseres, veroorsaak die dood van haar tuinier se driejarige kind in 'n fratsongeluk by haar huis. In 'n parallelle storielyn ontvang Bianca (Nicole Holm), 'n konsertpianis, die nuus dat haar sewejarige, outistiese seun aan 'n terminale kondisie ly. Celeste (Tinarie van Wyk Loots) is 'n tussenganger wat in beide vroue se lewens die rol van versorger vul. Amanda en Bianca worstel om die beurt met die verwerking van die tragedies wat hul lewens onherroeplik verander, en kom uiteindelik voor mekaar te staan in 'n oomblik van toeval wat 'n wending in albei se vooruitgang teweegbring. Hierdie moment van wedersydse empatie en weerloosheid bemagtig die vroue om met waagmoed hul kruise ent uit te dra. 'n Metaforiese interpretasie van JS Bach se musikale handtekening spreek hier van die verganklikheid van die mens en sy onblusbare hoop op verlossing. Beide vroue aanvaar uiteindelik hul lotsbestemmings en gee so gestalte aan hul unieke identiteite en behoeftes.