Logo

Langafstand - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Deon-Lee Hendricks van Cloetesville, Stellenbosch, berei voor op die landloopproewe waar die Suid-Afrikaanse span gekies word wat hul land in Australië by die World Athletics-landloopkampioenskap sal verteenwoordig. Deon-Lee wíl daardie span haal. Langafstand wys watter uitdagings hy moes oorkom om hierdie droom na te jaag. Dié kort dokkie verken sy komvandaan: sy gesin, die effek wat die afsterwe van sy ma op hom gehad het, die moontlike rede hoekom hy sleeptong praat en die gebroke gemeenskap van Cloetesville wat ’n opdraande ekonomiese stryd voer. Daar is ook insiggewende onderhoude met sy afrigter, Jacques Jansen van Rensburg, en sy mentor en haar span, Elana Van Zyl Meyer en Zola Budd-Pieterse.
Jy sal ook hiervan hou