Logo

'n Gids vir Louzanne - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Louzanne Coetzee is ’n blinde paralimpiese atletiekster van Bloemfontein. Hierdie dokumentêr verken die ingewikkelde, simbiotiese verhoudings wat tussen haar en drie van haar atletiekgidse ontstaan het teen die agtergrond van gemengde suksesse by twee Paralimpiese Spele, asook ’n tweede poging om die Soweto-marathon te voltooi. ’n Siggestremde paralimpiese atleet oefen en neem saam met ’n gids aan wedlope deel met ’n armband om elk se pols wat hulle verbind. Hierdie spesiale band lei tot kwesbaarheid en soms tot hartverskeurende resultate op die atletiekbaan, maar gee ook nuwe perspektiewe rondom menslike vermoëns en “gestremdheid” en maak van atletiek ’n spansport. Uiteindelik is dit ook dikwels die helper wat gehelp word, en is die persoon wat gelei word, soms die ware gids.