web uni tv guide

Mieliepap met tamatiesmoor

24 September

Lewer 4 – 6 porsies

3

Dié gereg, soos voorberei deur koskonsultant Heleen Meyer in Die GROOT Ontbyt, is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

DGO_24 September 2018
Bestanddele

Mieliepap (fyn krummelpap)

750 ml water

2,5 ml sout

500 ml Toeka se geel Mieliemeel

Mieliepap (groter klonte – putu-pap)

1 l water

2,5 ml sout

500 ml Toeka se geel Mieliemeel

Mieliepap (sagte pap)

1,25 l water

2,5 ml sout

500 ml Toeka se geel Mieliemeel

Tamatiesmoor

10 ml olyf- of avokado-olie

1 ui (gekap)

1 cm gemmer (vars, fyn gekap)

10 ml kruie (gedroog, gemeng)

suurlemoensap en swartpeper (na smaak)

20 ml kruie (gekap, vars, bv. Italiaanse pietersielie, tiemie of basilikruidblare)

410 g gekapte tamaties (blik)

410 g gekapte tamaties (blik)

Metode

1. Mieliepap: Kies die konsistensie van die pap waarvan jou gesin hou en volg die bypassende metode. Die metode vir krummelpap en die met groter klonte is dieselfde:
2. Verhit die water met sout oor ’n matige hitte in ’n kastrol tot kookpunt (bv. ’n AMC 20 cm High). Skink die meel in ’n hopie in die water en sit die deksel op. Stoom so vir 10 minute en roer dit dan goed deur. Verlaag die hitte en prut stadig met ’n deksel tot gaar, terwyl dit af en toe geroer word. Dit neem ongeveer 40-45 minute.
3. Vir slap pap word die meel, water en sout eers saam geroer en dan oor lae hitte geprut tot dit gaar is.
4. Tamatiesmoor: Berei intussen die tamatiesmoor voor. Verhit olie oor matige hitte in ’n kastrol (bv. ’n AMC 20 cm Low) en braai die ui en gemmer tot sag.
5. Roer die gedroogde kruie en tamaties by en prut oor ’n lae hitte vir 20 minute tot effens verdit en aromaties.
6. Geur met suurlemoensap en swartpeper na smaak en roer die vars kruie by.
7. Sit die tamatiesmoor warm voor op pap saam met braaivleis, boerewors of sampioenkebabs (sien wenke).

Wenke:
1. Sampioenkebabs: Sny ’n verskeidenheid vars sampioene in kwarte of in die helfte en ryg op kebabstokkies. Verf met olyfolie of suurlemoen-gegeurde avokado-olie en braai oor matige kole vir 5-10 minute. Geur met swartpeper en vars tiemieblare. Gebruik 10-12 sampioene vir 10-12 kebabs. Die kebabs kan ook in ’n pan gebraai word.
2. Indien verkies, roer ’n goeie skeut olyf- of avokado-olie, botter, heelpitmielies of suikermielies by die mieliepap vir ’n ekstra romerige tekstuur en lekker geur. ’n Kombinasie van olie en mieliepitte is ook baie lekker.
3. Gebruik ’n AMC 24 cm High as jy meer as 2 koppies mieliemeel op ’n slag gaar maak.

DGO_3 September
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
3 September 2018

Blatjanghoender