Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Waar wapper die ou vlag?

Nuus
25 Junie 2015
Vlagkundige Bruce Berry vertel meer oor waar die ou Suid-Afrikaanse vlag nog opduik.
kn_prontuit_20150624_vlae_900
Nadat nege mense by ’n kerk in Charleston, South Carolina, doodgeskiet is, het ’n foto van die vermeende skieter, Dylann Roof, mense aan die gons gehad: Op sy baadjie pryk die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesiese vlae. Daar is ook gepraat oor die Konfederasie-vlag, die vlag wat deur die Suide in die Amerikaanse burgeroorlog gebruik is, wat ’n sterk rassistiese konnotasie het maar steeds in suidelike state gehys word.

Die vlagkundige Bruce Berry het aan Prontuit verduidelik waar die ou Suid-Afrikaanse vlag deesdae opduik en waarom.

Volgens Berry was die verskyning van die ou vlag op Roof se baadjie vir hom ’n verrassing. Oor wetgewing rondom die gebruik van die Oranje Blanje Blou in Suid-Afrika sê hy: “Dis mense se grondwetlike reg om enige vlag te laat wapper, maar dan moet jy die gevolge daarvan dra.”

Selfs omstrede vlae word nie dikwels verbied nie; die Nazi-vlag is byvoorbeeld nie onwettig in Israel nie, maar Berry het bygevoeg dat hy nie glo dit sal sommer daar gesien word nie.

Elke vlag vertel ’n storie en dit ontlok ook emosie, sê Berry, en dit is nie ongewoon vir lande om hul vlae te verander nie. Nieu-Seeland kyk tans na ’n nuwe vlagontwerp, omdat hulle die Union Jack wil verwyder en omdat hul vlag dikwels met dié van Australië verwar word.

Kyk na die onderhoud hier onder.