Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Twis oor geskiedenis in skole

Nuus
13 Augustus 2015
Pieter du Toit van Beeld en Danie Langner van die FAK debatteer oor geskiedenis in skole.
kn_prontuit_20150812_geskiedenis_900
Die FAK het onlangs ’n verslag vrygestel oor wat die organisasie beskou as die eensydige aanbieding van geskiedenis in Suid-Afrikaanse skole. Pieter du Toit, Beeld se nuusredakteur, en Danie Langner, hoof van die FAK, het mekaar in die openbaar hieroor aangevat en ook in hierdie week se episode van Prontuit die stryd aangesê.

Du Toit meen dat dit wel so is dat geskiedenis dikwels eensydig is, maar dat konteks ontbreek in die verslag. “Daar is onwaarhede in en dit word geperpetueer. In die verslag word gesê apartheidgeskiedenis word eensydig aangebied. Was daar ’n goeie kant aan apartheid?”

Volgens Langner wil hulle hê daar moet balans wees. “Ja, daar was beskawing in Afrika gewees [voordat die kolonialiste aangekom het], maar dit beteken nie wat Jan van Riebeeck  gebring het was net negatief nie.

“Die geskiedenis wat aangebied word is een van wit skurke en swart helde.”

Du Toit is ook ontevrede met die idee dat die apartheidregering kwansuis onregverdig behandel word: “Die verslag betwis dat die apartheidregering wreed was, mense gemartel en doodgemaak het. Maar dit is ’n bewese feit.”

Kyk na die video van die debat hier onder.