Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Superskoolhoof

Nuus
03 November 2015
Dis met groot opwinding dat Prontuit ons spesiale projek in oorleg met ons koerier-vennoot, Aramex, aankondig. Ons noem dit Superskoolhoof.
Superskoolhoof
Dis met groot opwinding dat Prontuit ons spesiale projek in oorleg met ons koerier-vennoot, Aramex, aankondig. Ons noem dit Superskoolhoof.

Dit werk só: As jy weet van ’n skool wat ’n tekort aan hulpbronne het (dit kan bronne van enige aard wees) wil ons graag van jou hoor. Die skoolhoof moet iemand wees wat ’n merkbare verskil in die gemeenskap maak. Ons wil graag ook ons kykers betrokke kry vir skenkings aan die skool wat op die ou einde gekies word.

As jy dus van ’n skoolhoof en skool weet wat ons waardering en hulp verdien, stuur ’n e-pos aan s[email protected] en benoem jou superskoolhoof. Gee ’n kort verduideliking van waarom die hoof en skool so wonderlik is en sê ons dan ook wat die skool benodig.

*Dié kompetisie het gesluit en die wenner is reeds aangekondig.