Daar word steeds gedebatteer oor taal en onderrig en die stand van Afrikaans op Stellenbosch. Kabous Meiring het met die politieke ontleder Dennis Cruywagen op Prontuit gesels.
“Transformasie beteken nie jy dwing jou idees op ander af nie,” meen hy.
Indien Stellenboch sou verengels, vra hy, waar moet die ander studente gaan studeer, die wat in Afrikaans onderrig wil word?
“Dit gaan nie daaroor dat jy nie nie-Afrikaanssprekendes op die universiteit wil hê nie.
“Deel van transformasie is ook om die volle geskiedenis van Afrikaans te verstaan. Transformasie beteken verskillende dinge vir verskillende mense, maar die wat Afrikaans as die taal van die onderdrukker beskou, moet die geskiedenis van Afrikaans gaan leer.”
Dit gaan oor saamstaan, sê Cruywagen: “Ons moet sê, ons deel ’n taal, ons deel ’n toekoms.”
Kyk na die video hier onder.