Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Sorgsaamheid

Nuus
15 Oktober 2015
Gerontoloog Syd Eckley was vandeesweek weer in die Prontuit-ateljee om te gesels oor die versorging van ouer persone.
kn_prontuit_helpseniors_940
Gerontoloog Syd Eckley was vandeesweek weer in die Prontuit-ateljee om te gesels oor die versorging van ouer persone.

In ’n vorige gesprek het Eckley gesels oor die uitdagings wat ouer mense in die gesig staar. Vandeesweek het hy onder andere gesels oor vordering vanaf die laaste gesprek oor dié onderwerp.

Eckley het gesê dat hulle sederdien ’n verslag aangekondig het waarin 32 aanbevelings gemaak is aan die parlement. Hy het verder gesê dat ’n taakspan aangestel is om te monitor dat die regering hierdie aanbevelings uitvoer.

“Dit is vir die eerste keer in die geskiedenis waar ons inderdaad ingryp en reken dat die regering ’n bietjie in sy bek geruk moet word.”

Volgens hom trek ouer persone aan die kortste ent. “Ons het net gesê dit mag nie gebeur nie. Hulle het hierdie land help opbou en hulle verdien ’n beter deal…”

Eckley het verder gesê dat ouderdom nie ’n siekte is nie. “Dit is ’n fantastiese lewensfase. Dit is die tyd van terugploeg…”

Volgens hom is sorgsaamheid aan die orde van die dag.

Kyk die volledige gesprek hier: