Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Nuwe kans vir Afrikaanse teater

Nuus
22 Oktober 2015
Dramaturg en vervaardiger Saartjie Botha praat oor die nuwe teater-inisiatief.
Saartjie Botha_Prontuit

Vir baie Afrikaanssprekendes is kunstefeeste die een plek waar hulle teater te sien kry. Die Dagbreek Trust se nuwe Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (Nati) wil Afrikaanse teater op ander maniere ’n kans gee.

Prontuit het gesels met Tim du Plessis, voorsitter van Nati, teaterkenner Marguerite Robinson, dramaturg en vervaardiger Saartjie Botha, en die akteur, dramaturg en regisseur Christo Davids.

Botha het tydens die gesprek daarop gewys dat teater “een van die min dinge [is] wat nie kan digitaliseer nie”: “Boeke is gedigitaliseer, TV is gedigitaliseer, maar teater gaan bly.”

In ’n eksklusiewe onderhoud agter die skerms het Botha gesê dat die inisiatief ’n massiewe kontantinspuiting vir die bedryf is.

“Dit beteken daar kan nuwe werke van skaal en omvang gemaak word.”

Kyk na die onderhoud hier onder.