Die blog Girl with Cake is die afgelope ruk erg gekritiseer op sosiale media. Prontuit het met Nerine Gardiner, die vrou agter dié projek, eNuus-verslaggewer Daniëlla van Heerden en vryskutjoernalis en -skrywer Louise Ferreira gesels.
Kyk die video hier.
Gardiner het agter die skerms gesê sy het Girl with Cake begin om “liefde aan te moedig en liefde te gee”. Haar doel met die projek was om ’n “beweging” te begin, wat ander aanmoedig en inspireer, het sy gesê. “Dit gaan glad nie oor my nie.”
Volgens Ferreira moet die “Girl With Cake”-gesprek aanleiding gee tot ’n baie groter gesprek oor liefdadigheid in die algemeen. “Baie mense het wanpersepsies oor liefdadigheid,” het sy gesê. Goeie dade kan ook kwaad doen, meen sy. “Liefdadigheid is baie meer kompleks as wat mense dink, en dit gaan oor meer as net gee en uitdeel.”
Sy het gesê die meeste mense wat Gardiner gekritiseer het is aktiviste en werk self met armes. Die argument het egter “lelik geraak aan albei kante, en dit is jammer”.