Ons het almal grootgeword met die klank van opgewonde sportkommentators oor die radio en op die TV. Sportsoorte soos rugby en krieket wat van Engelse oorsprong is het reeds lankal ’n Afrikaanse woordeskat ontwikkel, maar wat van sportaanhangers wat ’n ander moedertaal het?
Die Xhosasprekende krieketkommentator Sixolele Sotyelelwa was in die ateljee om met Prontuit te gesels oor die ontwikkeling van sportterme in ander tale.
Volgens Sixolele het hy as kind by die huis Xhosa gepraat, maar vir die grootste deel van die dag wanneer hy by die skool was, net Engels. Sy Xhosa het mettertyd so verswak dat hy dit as’t ware weer moes aanleer. So het dit gekom dat hy sy eie Xhosa-sportterme begin ontwikkel het.
“Dis belangrik om jou terme eenvoudig te hou sodat die luisteraar kan byhou,” sê hy.
“Ek wil hê die mama in Transkei, wat nie eers weet hoe die Wanderers lyk nie, moet in haar geestesoog kan sien wat ek beskryf.”
Kyk na die video hier onder.