Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Hoe werk die paroolproses?

Nuus
14 Mei 2015
Ons vind meer uit oor tronkstraf en die rol van rehabilitasie.
Krieket en politiek, jongmense se gewildste handelsmerke en die werkinge van die paroolproses was vandeesweek op Prontuit se agenda.

Regskenners adv. Julian Knight en prof. Annette van der Merwe van Tukkies was in die ateljee om te verduidelik hoe die paroolproses werk, watter regte die slagoffer het en wat die belangrikheid van rehabilitasie is.

In ’n onderhoud agter die skerms het Van der Merwe verder gesels oor wat die opsies is voordat daar na gevangenisstraf gekyk word. Dit sluit in gemeenskapsdiens, korrektiewe toesig, en boetes. Maar, sê sy, die publiek is geneig om dit nie as ’n “regte” straf te beskou nie.

Met jeugdiges veral word gebruik gemaak van rehabilitasie en afwendingsprogramme in ’n poging om te keer dat hulle weer ’n misdaad pleeg. Dit is omdat jongmense se oordeelsvermoë nog nie so goed ontwikkel is nie en hulle meer geneig is om simpel foute te maak.

Om meer uit te vind, kyk na ons eksklusiewe onderhoud met Van der Merwe.