Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Hoe hanteer ons verslawing?

Nuus
20 Augustus 2015
Ons gesels met kenners oor die beste manier om nyaope-verslawing te hanteer.
Kabous Meiring
Dwelmverslawing is ’n groot probleem in Suid-Afrika, en nyaope, ’n goedkoop mengsel van heroïen en dagga, raak al hoe gewilder. Prof. Jannie Hugo van Tukkies se mediese fakulteit en Shaun Shelley van die TB/HIV Care Association het vandeesweek op Prontuit verduidelik waarom behandeling eerder as kriminele vervolging die beste manier is om die probleem op te los.

Die oorgrote meerderheid van verslaafdes kan onder die regte omstandighede beter raak, sê Shelley, maar omdat nyaope ’n opioïede is, is die verslawing intens.

“Wanneer jy ophou om dit te neem, kry jy erge onttrekkingsimptome. ’n Dwelmmiddel soos tik het nie dieselfde soort onttrekking nie. Dis waarom vervangingsterapie so belangrik is, want dit help om die onttrekkingsproses te beheer. Dit het ook groot implikasies vir siektes soos MIV.”

Verslawing en onttrekking het ’n impak op onder meer moedersorg en die versorging van siektes soos MIV en tuberkulose, sê Hugo.

“Ons moet dit baie dringend beheer. Ons het ’n baie hoë MIV-probleem, baie hoë TB-probleem. Nou raak dit deel van daai chaos. Ons moenie onder die illusie verkeer dat ons dit gaan verbreek deur wetstoepassing nie.

“Die probleem is, die persoon het klaar ’n swak selfbeeld. So nou voel hy (weens vervolging) nie net sleg oor sy dwelmprobleem nie, hy is ook ’n krimineel.”

Kyk na die onderhoud hier onder.