Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Herrie oor matriekboek

Nuus
09 Julie 2015
Vandeesweek op Prontuit het prof. Wille Burger gesels oor die kenmerke waaraan ’n roman behoort te voldoen om voorgeskryf te word vir matrieks.
WillieBurger
Voorgeskrewe boeke moet gebruik word om leerders bloot te stel aan taal wat ingespan word “op buitengewone maniere om iets te bereik,” het Willie Burger, professor in letterkunde aan die Universiteit van Pretoria, na afloop van vandeesweek se regstreekse uitsending van Prontuit gesê.

Burger het deelgeneem aan ’n gesprek oor Fanie Viljoen se roman, Onderwêreld, wat nou vir matrieks voorgeskryf is.

Letterkunde is “’n ondersoek van wat dit is om mens te wees,” het Burger gesê.

Hy het gesê ’n groot vraag is of Onderwêreld as relevant beskou moet word bloot omdat dit oor rekenaars en tegnologie gaan. Hy meen daar is temas soos menseverhoudinge en eensaamheid wat altyd relevant gaan wees, en relevansie moenie met aktualiteit verwar word nie.

Burger het verder gesê dis problematies dat daar net een boek vir alle matrieks regoor Suid-Afrika voorgeskryf is. Dit laat nie diversiteit toe nie, het hy gesê.