Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Geslagskwessies in die visier

Nuus
07 Mei 2015
Ons praat oor geslagsveranderings.
Gisteraand op Prontuit het Kabous ’n reeks indringende gesprekke gevoer oor sake van die dag. Daar is onder andere gesels met Simone Heradien, wat ’n geslagsverandering ondergaan het en nou ’n aktivis is vir die regte van transseksuele mense.

Heradien het meer verduidelik oor transregte in Suid-Afrika en oor die wêreld heen, en wat die sosiale implikasies vir trans mense is.

“In Suid-Afrika hoef jy nie ’n geslagsverandering te ondergaan om jou identiteit (in jou identiteitsboekie) te laat verander nie,” het sy gesê. Daar is egter steeds baie probleme met amptenare van binnelandse sake wat dit nie verstaan nie.

“Wat jy tussen jou bene het, maak nie van jou 'n man of ’n vrou nie. Dit is wat jy is.”

Gerda van der Merwe, die eerste vroulike hoof van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle (Nylstroom), het meer kom vertel oor hul mentorskapprogram.

“’n Kind gaan deur ’n kinderhofproses om in nood verklaar en in ’n kindertehuis gepla as te word,” het sy verduidelik. “Die kinders is nie noodwendig weeskinders nie. Baie het ouers maar is dalk nie in kontak met hulle nie.”

Hulle het in Maart die mentorskapprogram geloods, waarvolgens lede van die publiek maandeliks geld kan skenk vir ’n kind se versorging, en in persoonlike kontak met hulle kan wees: “Ons wil graag vir elke kind ’n eie mentor hê.”

Om betrokke te raak, stuur ’n e-pos aan Gerda by [email protected].