Is verpligte diensplig die antwoord op die jeug se probleme? Ian Liebenberg van die Universiteit van Stellenbosch se sentrum vir militêre studies en Piet le Roux van Solidariteit was in die Prontuit-ateljee om hieroor te gesels.
Daar moet gekyk word na ander lande se ervarings, het Liebenberg gesê. Angola het byvoorbeeld nog diensplig, maar dis afgeskaf in Italië en België.
“Mense wil nie verplig word om vir twee jaar in die weermag of in ’n verlenging van ’n mislukte skoolsaal te sit nie,” het Le Roux gesê. ’n Mens kan dit optooi deur te sê jy wil vir jongmense die geleentheid bied om hulself ná skool te bekwaam, maar dié “vatbare” jongmense word eintlik “geïndoktrineer met staatspropaganda,” meen Le Roux. “Dit is wat diensplig is,” het hy gesê.
Liebenberg het gesê daar is waarskynlik ’n debat in die ANC oor verpligte diensplig, maar dit beteken nie daar is ’n “beweging” nie.
Kyk die volledige onderhoud hier onder: