Logo
Prontuit 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Prontuit

144AktueelPG13

Nog ’n Willie Esterhuizen-komedie op pad

Nuus
01 April 2019
Dis nie die laaste sien van die Ouboet en Wors-karakters nie.
Billboard 1600 x 640 (1)

Dit mag dalk die einde van Ouboet en Wors wees, maar kykNET is opgewonde om ’n nuwe komedie uit die pen van Willie Esterhuizen aan te kondig.

Die karakters van Ouboet en Wors het die afgelope paar jaar diep in kykers se harte gekruip. Ouboet, Yollie, Hendrikkie, Boeboe, Molly en Wors, wat voorheen in reekse soos Orkney snork nie, Vetkoekpaleis en Molly en Wors te sien was, het kykers weekliks vermaak met hul pittige sêgoed en die penaries waarin hulle hulself bevind het. Nuwe karakters, soos Gielie, Elvis en Fogile het sommer vinnig ’n tuiste in kykers se sitkamers gevind.

Die reeks het egter tot ’n einde gekom, met die laaste episode wat op 1 April uitgesaai is. In dié episode het Molly baie slegte nuus gekry en is sy gedwing om nuwe werk te soek. Sy het vir ’n werksonderhoud by Huis Lelieveld gegaan en só word sy die nuwe matrone van dié aftreeoord.

Aanhangers van Ouboet en Wors kan gerus wees dat hulle nie die laaste van die Ouboet en Wors-karakters gesien het nie, want Huis Lelieveld is kykNET se nuwe komedie wat later vanjaar op die kanaal uitgesaai word. Die reeks speel af in ’n gelyknamige aftreeoord en sentreer rondom Molly, wat die matrone is, haar man, Wors, en die inwoners en personeel van die aftreeoord.

Van die akteurs wat in die rolverdeling te sien sal wees, sluit in Willie Esterhuizen, Lizz Meiring, Wynand van Vollenstee, Matt Stern en Hèléne Truter.

Hou gerus kykNET se sosiale media platforms dop vir meer nuus oor die reeks.