Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Nêrens, Noord-Kaap

144Drama

Episode 13 bring drade bymekaar – Nêrens, Noord-Kaap

Nuus
23 November 2021
’n Emosionele finale episode van Nêrens, Noord-Kaap het die reeks afgesluit en die los drade is bymekaar gebring.
Nederland Nerens Noord Kaap – Episode 13

Lourens (Frank Opperman en Gideon Lombard) het nooit oor Katja (Tinarie van Wyk Loots) se dood gekom nie. Hy kon ook nooit ’n sterk verhouding met sy seuns opbou nie. Frans (Geon Nel en Thommi Swanepoel) was die oudste en moes die swaarste las dra. Ronnie (Albert Pretorius en Lehan Swanepoel) is as’t ware deur Lourens gestraf omdat hy die oorsaak was dat sy die ongeluk gemaak het. Andries (De Klerk Oelofse en Johannes Jordaan) was die een van die ligste van sy pa se nyd afgekom het, maar dit het dalk te doen met die feit dat hy twaalf jaar nie op die plaas was nie.

1637657657 56 nnk ep 13  12

Frans het gewillig ingegee en sy rol as oudste aanvaar al het sy pa hom daarin geboelie. Wanneer hy uiteindelik knak terwyl hy sy toespraak op sy pa se partytjie maak, is dit die eerste keer wat sy pa én sy broers hoor hoe hy werklik voel. Gelukkig was Lorrie (Shana Mans) daar om te troos. Is dit die begin van ’n lang en gelukkige verhouding?

1637657729 56 nnk ep 13  8

Die skuldgevoel oor sy ma se dood, ry Ronnie bloots en dit is waar al sy probleme gewortel is. Hy voel soos die swartskaap en hoewel sy ma vir hom op haar sterfbed gesê het die ongeluk is nie sy skuld nie, kon hy homself nog nooit vergewe het nie. Suzette (Daneel van der Walt) was tot dusver nog geduldig, maar is sy gewillig om hierdie wilde perd verder op te saal?

1637657808 56 nnk ep 13  9

Dit is nou duidelik hoekom Andries die wêreld vol gereis het met die blikke vol grond wat hy oral bymekaar gemaak het: Hy het sy ma se reis-kaartboek, die een wat die familie nooit gebruik het nie, gevolg en dit gedoen om te kyk of hy weer sy pa gelukkig kan sien. Maar Andries se voete jeuk steeds, selfs al het hy sy ma se reis voltooi. Wanneer Maggie (Ilse Klink), die vrou wat hom seker die beste ken, hom groet voor hy weer die pad vat, sê sy: “As jy jou vrede gekry het, en jy weer soos jouself voel, dan kom jy terug na ons toe, hoor?”. Gaan Andries vir Fleur (Melissa Willering) haal en terugbring Nêrens toe?

1637657865 56 nnk ep 13  10

Jan-Jan (Dean Balie) en Chrissie (Bianca Flanders) is duidelik deel van die Adendorff-familie en is daar wanneer almal weer aan Katja se kerk gebou word. Gaan hulle hulle nuwe huis kry? En waarvoor gaan die kerk gebruik word? ’n Troue, dalk ’n doop?

1637657925 56 nnk ep 13  13