Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Nêrens, Noord-Kaap

144Drama

5 Hoogtepunte in episode 11 van Nêrens, Noord-Kaap

Nuus
09 November 2021
Nêrens, Noord-Kaap saai elke Dinsdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en is ook op DStv Catch up beskikbaar.
Nerens Noord Kaap – Episode 11

Pa en seun I

Ronnie (Albert Pretorius) kom op die plaas aan en die atmosfeer tussen hom en sy pa, Lourens (Frank Opperman), is baie stram. Lourens ruik onder meer of Ronnie gedrink het en Ronnie sê vir Lourens dat hy nie sy seun boelie nie wat daarop sinspeel dat hy dink Lourens hom nog altyd geboelie het. Is Lourens se houding teenoor Ronnie as gevolg van die motorongeluk waarin Katja (Tinarie van Wyk Loots) dood is? Lourens vra vir Frans (Geon Nel) dat hy sy testament wil sien. Frans bring dit vir hom, maar hoekom wil Lourens dit hê?

Pa en seun II

Klein Lourens (Arnold Swart) is baie bly om sy pa te sien en die twee van hulle gaan kamp vir die aand met die hoop dat Lourens sy eerste bok kan skiet. Tydens ’n gesprek om die kampvuur vra Ronnie vir Lourens of hy geboelie word as gevolg van wat by die swemgala gebeur het. Ronnie vra vir Lourens om verskoning dat hy so baie drink. Maar is dit genoeg om hom te laat ophou?

Suzette se verrassing

Suzette (Daneel van der Walt) is op die plaas wanneer Ronnie en klein Lourens van hulle jagtog kom. Die grootste verrassing wag egter vir Lourens in die sitkamer: Willem (Leo Geldenhuys) het wakker geword uit sy koma en het saam met Suzette kom kuier.

Nederland

Andries (De Klerk Oelofse) kom uiteindelik in Nederland aan en gaan na die ligtoring wat op sy ma se koekblik was. Wanneer hy die trappe binne die ligtoring klim, staan Fleur (Melissa Willering) vir hom en wag. Sy gaan saam met hom sodat hy sy Nederlandse ouma en oupa vir die eerste keer kan ontmoet en wag dat hy alleen met hulle praat. Het Andries se reis uiteindelik tot ’n einde gekom? En wat gaan hy met die blikke vol grond maak?

Trap!

Lourens kom op Andries se nommer af wat Maggie (Ilse Klink) in ’n sak in haar voorskoot gehou het. Hy konfronteer haar daaroor en wanneer sy erken sy het al drie jaar lank die nommer, jaag Lourens haar uit die huis uit. Is dit die einde van Maggie en Jan-Jan se pad op Nêrens?

Nêrens, Noord-Kaap saai elke Dinsdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en is ook op DStv Catch up beskikbaar.