Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 3: Vyf feite wat jy sover moet weet – Kwarantyn

Nuus
12 Junie 2020
Hier is vyf feite wat ons al van die Le Roux’s en Scheepers geleer het van hul tyd sover in die #Kwarantyn-huis.
Social Fb Cover 1200x630 2 Families

1. Die families tel die kalorieë in kwarantyn
Meeste familielede wil platmagies voor die kamera hê. In die huis moet almal daagliks oefen om die vetjies te laat vlieg. 


2. Adriaan lag altyd uit sy maag uit
Ons het ’n teorie dat Adriaan se lag aansteeklik is en sommer almal gelukkig maak.
 

3. Almal wil in die huis bly
Die hele land wil deel wees van Kwarantyn. Selfs ’n nuwe troeteldier of twee het ingetrek.

1591964810 34 katte

4. Dit wemel op Instagram
Die kompetisie aanlyn is sterk, en die ons huismaats probeer bepaal wie die meeste volgers op Instagram kan werf in die volgende twee maande. 
LEES OOK: KYKERS ‘LIKE’ DIE LE ROUX’S 

5. Die twee families is uiteenlopend
Niemand in die Le Roux- of Scheepers-huis is eenders nie, en na net ’n paar ure in hulle huise, en voor die kameras, het almal klaar hulself bevestig as die nuutste moet-sien vermaaklikheids-sterre in Afrikaans.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00. Jy kan saam gesels deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik op FacebookInstagram en Twitter.​