Logo
Die Real Housewives van Pretoria - Season 1. Lottostar Kompetisie - R50 000
web uni tv guide

Die Real Housewives van Pretoria

144Realiteit13 L

Vyf feite oor die “Real Housewives”- franchise – Die Real Housewives van Pretoria

Nuus
07 Oktober 2022
30 Verskillende franchises; 14 verskillende lande – die “Real Housewives” is die reeks wat die hele wêreld aan die gons het.
Real Housewives article image

Die eerste Afrikaanse-weergawe van dié gewilde franchise begin eersdaags op kykNET, kanaal 144. Ons kyk hier na waar jy al die Suid-Afrikaanse weergawes kan geniet sowel as na ‘n paar onvergeetlike oomblikke vanoor die oseaan.

5. Die eerste weergawe van die gewilde formaat was The Real Housewives of Orange County, wat in Kalifornië (Amerika) afspeel en is vir die eerste keer in 2006 uitgesaai. Dié oorspronklike weergawe het al 16 seisoene opgelewer.

4. Die formaat het al verskeie kere “viral” gegaan: Die mees ikoniese oomblik is die alombekende “the cat meme” van The Real Housewives of Beverly Hills se tweede seisoen toe Taylor Armstrong vir Camille Grammer aangevat het oor ‘n geheim wat sy versprei het oor Taylor se oorlede man, Russel Armstrong.

3. Daar is al ‘n paar weergawes van dié internasionale formaat wat plaasvind in Suid-Afrika: Johannesburg, Kaapstad, Durban en Pretoria. Die Real Housewives van Pretoria is die eerste weergawe wat eksklusief in Afrikaans is.

2. The Real Housewives of Durban is beskikbaar om te stroom op Showmax.

1. The Real Housewives of Cape Town saai Sondae om 19:00 uit op Mzansi Magic.

 

Die Real Housewives van Pretoria begin 13 Oktober 2022 om 20:00, eksklusief op kykNET, kanaal 144. Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #RHOPTA te gebruik.