Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 13: Ciao, Suid-Afrika! – Kwarantyn

Nuus
22 Junie 2020
Hier is wat jy tydens dag-13 kan verwag.
Vlooi

Dis dag dertien in die Kwarantyn-huis, en die dag is afgeskop met ’n peiling waarin ons wou weet wie, tussen Caryn en Jade ’n dag af verdien. Ons kykers het gestem, en die uitslae was as volg:

1592809631 33 kwarantyn peiling

Onthou, jy kan besluit wat in die huise gebeur. Sê jou sê: Hou die Kwarantyn  Facebook-blad vanaf 17:00 dop vir die volgende peiling.

Manie is nogsteeds in die hospitaal, en sal omstreeks 15:00 geneem word vir verdere toetse. Weens die Johannesburgse koue, het die opsigter ons huismaats toegelaat om vanaf 9:00 sommer in die gemak van hul eie sitkamers te oefen.

LEES OOK: RONDE 1 IS VERBY: HIER IS HOE DIE PUNTELEER LYK

Die Le Roux’s se eerste groepsuitdaging is om aan hulle persoonlike doelwitte te werk, terwyl die Scheepers-familie aan ’n dansroetine vir die temaliedjie van Kwarantyn moet begin werk.

Vir hul groepstaak om 10:40, moet die families selfportrette teken in die gazebo. Die familielid wat die beste “charcoal-selfie” teken, verdien 'n 1000-punte vir hulle huis.

STEM: HET JY AL VIR DIE KAKTUS VAN DIE WEEK GESTEM?

Vir vanaand se koskenades om 19:00 reis ons na Italië: Elke huis moet ’n heerlike Osso Bucco en polenta voorberei.

Na aandete, is dit weer tyd vir flinkdink in die volgende groepstaak, en om 20:15 speel elke familie weer vasvrae – en vandag se kategorie is Suid-Afrikaanse sport, en die wenspan stap weg met 2000-punte vir hulle huis.

STEM: ONTHOU OM VIR JOU GUNSTELING-FAMILIELID TE STEM.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.