Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

Broodnodig – In die sop

Nuus
07 Julie 2021
Hoe kan jy plaaslike restaurante ondersteun tydens dié moeilike tyd?
IDS Article Image

Die land is weer op vlak 4 van lockdown. Jou gunsteling restaurant en koffiewinkel is toe. Jy kan nie ‘n glasie wyn geniet nie en jou enigste troos is in die vorm van wegneem-etes. Maar moenie mismoedig raak nie – jy kan steeds die restaurante in jou onmiddellike omgewing help...

Daar is baie restaurant-eienaars wat nou hulle besighede uitgebrei het om op ‘n ander manier wins te maak – sommiges verkoop nou brood, wegneem-koffie, blomme, beskuit en selfs tuisgemaakte konfyt! Gaan snuffel bietjie rond – jy mag dalk net die perfekte geskenkie vind om iemand se dag bietjie op te kikker.

© Getty Images

Ander restaurante fokus nou meer op hul wegneemetes. Gelukkig is daar deesdae verskriklike oulike apps, waar jy kos kan bestel by jou gunsteling restaurant. En as hulle nie op een van die apps is nie, sal hulle beslis ‘n telefoon hê waarop jy hulle kan bel om jou bestelling te plaas.

© Getty Images

Sommige restaurante besluit om iets positief uit die negatiewe te maak en het hulle kombuise verander in sopkombuise, waar vrywilligers nou kan inspring om te help om behoeftiges te help deur ‘n bord kos te bedien.

En as jy en manlief bietjie alleentyd nodig het, bestel ‘n date night- ete by ‘n spoggerige restaurant in jou area. Jou ete word verpak in ‘n pragtige mandjie, dalk ‘n paar kerse en as jy werklik gelukkig is, kry jy ook sommer ‘n playlist saam met dit om ‘n romantiese atmosfeer te skep – by die huis! Nou moet jy net hoop daar is nog iewers ‘n bietjie wyn oor in die huis...

© Getty Images

In dié tyd is dit belangriker as ooit vantevore om die kleiner restaurante te ondersteun en om werklik ‘n verskil te probeer maak. As jy kan, probeer om van jou kruideniersware te koop by onafhanklike slagters, bakkers en groentewinkels. Saam kán ons almal ‘n verskil maak!

© Getty Images

Skakel elke Woensdag om 20:00 in vir In die sop op kykNET en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #InDieSop te gebruik.