Logo
Die brug S1 Slim BB

“My gunsteling plek in Suid-Afrika is…” – Die brug

Nuus
06 Desember 2023
Waar in die land voel die spelers die meeste tuis?
Die brug

Op Die brug bevind die spelers hulle in die prentjiemooi Swellendam, wat omring is met berge en plase. Hulle geniet ook ‘n heerlike Mediterreense klimaat.

Maar as hulle agter-die-skerms is, watter plek in Suid-Afrika roer hulle hartsnare? Is dit ‘n vakansie-bestemming of sing van die spelers “Oos, wes, tuis bes”?

Jamie Le Roe is mal oor die Garden Route of Pilanesberg.

Iana Strydom kan nie genoeg kry van die Drakensberge nie.

Melanie Koegelenberg meen iewers op ‘n berg is genoeg vir haar.

William Walters is erg oor die see.

Robert Kruger wil homself gereeld in die Drakensberge bevind.

Sam Marais se hart skreeu altyd “the beach!

Nonnie Geldenhuys vind lafenis om in die veld te loop. 

Tina Linder meen haar huis is die beste plek om te wees. “Maar as ek weggaan is dit somer se see en ‘n winters bos.

Geo Botha sê die berge is vir hom baie mooi. “Enige plek sonder ontvangs, wat omring is met mooi natuur… Die Garden Route.”

Jacques Broodryk geniet ook die Tuinroete.

Larry Alcock voel sy huis is sy sanctuary.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Die brug en gesels saam op FacebookXInstagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.