Logo
Die brug S1 Slim BB

Robert se reis – Die brug

Nuus
05 Januarie 2024
Robert is die eerste wenner van #DieBrug!
DIe brug Rob

Robert het vanaf die eerste episode duidelik gemaak dat hy Die brug met integriteit wil aanpak en ’n goeie voorbeeld vir sy kinders wees. Robert se opregtheid en harde werk was ook raakgesien deur die ander spelers en verhoudings is vinnig gevorm.



Robert en Geo het vroeg in die spel die geleentheid gehad om R100 000 te steel, solank as wat hulle ’n geheim kan hou. Die twee spelers het die kans gevat en Robert het teruggekom van die “oornag avontuur” met R50 000 sowel as ’n sterker alliansie met Geo.



Robert het dit reggekry om uit die kollig te bly en nog steeds strategies te speel en ’n sê te hê in groot besluite wat geneem moes word. Sy alliansie met Geo en Jacques was duidelik, maar hy het ook goeie vriendskappe behou met verskeie spelers en was gevolglik nooit in enige gevaar om Die brug te verlaat nie.

Robert se storie het almal aangeraak en toe hy uitvind dat hy na drie weke die een gaan wees wat oor Die brug gaan loop was almal se opgewondenheid oor die uitslae baie duidelik.



Die wenner van Die brug was egter toe ook die een wat die moeilikste besluit moes neem toe hy by die skatkis kom. Robert het uiteindelik besluit om sy familie eerste te sit en slegs met William geld te deel.



Robert het getrou gebly aan wie hy is, keer op keer sy deel gebring en vir sy mede-spelers gewys hoekom hy die een moet wees vir wie hulle stem.

Stroom nóú alle episodes van #DieBrug op DStv Stream!