Logo
Getroud Met Rugby Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Sepie13

September bring moord, oorlog en leë beloftes

Nuus
04 September 2019
Jy wil nie ’n oomblik misloop nie.
Getroud met Rugby

In Pretoria word een dokter se lewe onherroeplik verander terwyl ’n ander dokter moontlik ’n lewe agter tralies mag deurbring. In Ruiterbosch breek daar oorlog uit en ’n ongeluk in die Samsodien-huishouding bring die Gerbers tot stilstand. Terselfdetyd word daar ’n tweede moord in Johannesburg gepleeg. Alles en meer dié September.

Binnelanders

Weeksaande om 19:30

Breggie se terugkeer na Pretoria is die begin van die einde, en haar dood ruk vir Annelize amper die ergste. Annelize is op die oorlogspad wanneer sy wilde aantygings maak teen Tertius, en nie om dieselfde vuur sit saam met Elana oor haar geliefde tannie se behandeling nie. Kort voor lank is Annelize uit vir bloed, want dit is makliker om te baklei as om berusting te kry.  

Hugo Vos daag by Binneland Kliniek op omdat At ’n nuwe aanstelling wil maak by Onkologie – hy voel dié gedeelte van die besigheid het meer van ’n innoverende leier nodig, en Hugo is dalk net die regte man vir die Koster-plan. Maar Hugo is eers nie baie te vinde vir die aanbod nie, aangesien hy en Elana ’n verlede deel wat hom hom dalk verhoed om sy volle samewerking in hierdie nuwe posisie te gee... Annelize is natuurlik ook nie ten gunste van hierdie nuwe aanstelling nie, omdat sy voel dit is nie die beste manier voorentoe vir die Onkologie-eenheid nie – asook nie die beste vir haar loopbaan nie. Gaan Annelize dit regkry om in ’n spanspeler te verander, of gaan sy diep grawe om ontslae te raak van Hugo, nog voor die eerste salvo gevuur word?

1567513331 34 binnelanders 2
Binnelanders


Steve gaan dalk nie onmiddellik nie, maar wel later, sy sterre dank vir Hugo se aankoms by Binneland Kliniek, want Hugo merk iets op wat Steve dalk net sou afmaak as ’n bietjie spierpyn van sy tyd in die gym. Steve kry die skok van sy lewe wanneer ’n bloedtoets iets optel wat hy glad nie op voorbereid was nie – sekere merker(s) is die begin van 'n lang stryd, en sielsoeke, wat hom na verre lande kan lei. Dié pragmatiese dokter moet ’n besluit neem oor die liefde en sy lewe, en nie een van die twee is maklik of onafhanklik van mekaar nie. Hy gaan baie mooi moet dink oor ’n lewensreddende behandeling, maar hy sal ook vinnig tot ’n besluit moet kom, anders is dit dalk die laaste besluit wat hy moontlik alleen sou kon neem. Al hierdie faktore plaas druk op Steve en Elana se verhouding, veral omdat Elana nie kan verstaan waarom Steve nie die behandeling wil ondergaan nie. Maar, wonderwerke gebeur, en daar is een persoon wat Steve se kop dalk kan uitsorteer – tot groot verbasing van Elana. Gaan Steve uiteindelik ingee of ja sê vir die lewe?

1567513397 34 binnelanders 3
Binnelanders


Iemand anders wat beslis nie kan wag om ’n antwoord te kry nie, is Annelize. Wanneer Annelize, in ’n onmoontlike posisie geplaas word deur At, is daar net een uitweg om te verseker dat sy nie vir die res van haar lewe agter tralies gaan spandeer vir iets wat sy nie gedoen het nie: Sy gaan haarself in At se skoene moet indink, en dan ’n plan beraam wat tot die man se hart spreek – maar is dit die enigste uitweg vir die situasie waarin sy haarself bevind? Wat presies gebeur op die plaas tussen At en Renier Loods, en hoekom het dit so ’n groot uitwerking op Annelize – en die res van haar lewe? En wie is Kaptein Botha as hy by die huis is, en waarom is hy so baie seker van sy saak? 

1567513498 34 binnelanders 1
Binnelanders


Louis en Naomi is ook vuur en vlam vir hulle troudag wat eersdaags plaasvind, maar eers gaan hulle hulself bietjie moet regruk vir die groot okkasie – en om hulle te help, kry hulle vir Jessica, ’n eiesoortige troubeplanner. Maar Jessica het nie regtig ’n wag voor haar mond nie, hoewel sy al vir jare hierdie belangrike funksie in ’n paartjie se lewe help reël. Saam met Jessica kom daar heelwat vrae, en baie min antwoorde, want skielik is die voorbereiding vir ’n liefdesfees ’n baie meer gekompliseerde storie – en Louis en Naomi sal moet bontstaan, want Jessica is nie katjie wat jy sonder handskoene aanpak nie.

September gaan al heelwat raaisel oplewer – asook antwoorde op groot vraagstukke – maar nie voor daar ’n Babelse verwarring van afpersing, komplotte en leë beloftes ontwikkel nie.
 

Getroud met Rugby

Weeksaande om 18:00

Speursersant Breytenbach is op ’n missie om uit te vind wie Jacques vermoor het. Sy hoofverdagte is Reitz. Breytenbach vind ook die waarheid uit oor Jacques en Anna. Intussen is Kristien terug na haar ineenstorting en bekommerd dat haar verbintenis met Jacques op die lappe kom. Wat wel gebeur. Reitz onthul sy alibi aan Breytenbach, hy was die aand van die moord by ’n klub. Bart vind uit wat Reitz se alibi is en is vasberade om dit te kelder. Reitz besluit om Bart te agtervolg en neem foto’s. Intussen is daar ’n tweede moord by die stadion en ontdek die vermoorde is ’n man wat hy saam met Bart en sy nuwe handlanger Denzel gesien het. 

1567512606 34 getroud met rugby a
Getroud met Rugby


Blitz begin aanvoel dat Lienkie hom vermy en wanneer hy haar konfronteer erken sy, sy het nog gevoelens vir hom, wat Julia in ’n moelike posisie laat. Julia probeer die ongemak tussen haar en Lienkie opklaar, maar dit word vererger wanneer Blitz ’n probleem het met haar nuwe kerel. Blitz veroorsaak moeilikheid tussen Johan en Lienkie wanneer hy Johan uitvra oor die ou en besef dat Lienkie nie vir Johan van hom vertel het nie. Gelukkig kom Lienkie en Blitz tot ’n vergelyk. 

Renate probeer Madelyn oortuig van Simon se bekwaamheid, na die ongemak wat veroorsaak was deur Simon wat die man geklap het in Pottie’s. Dan ontvang hulle skokkende nuus van Madelyn, sy wil die kind aborteer omdat sy nie ’n baba wil baar vir ’n geweldadige man nie. Simon en Renate probeer Madelyn oorreed om van besluit te verander. 

1567512648 34 getroud met rugby b
Getroud met Rugby


Schalk moet bontstaan as hy besef Marinda, wie hy gekies het van Coach Soek ’n Vrou is bietjie onstabiel en wil nie nee vat vir ’n antwoord nie. Hy besef hy is besig om verlief te raak op Jana. Intussen word hy verras deur ’n besoek van sy dogter Mieke. Sy vind uit van haar pa se gevoelens en huts die romanse tussen Schalk en Jana aan.  

Almal kom bymekaar vir Ryno en Thinus se troudag.  

1567512556 34 getroud met rugby c
Getroud met Rugby

Suidooster

Weeksaande om 18:30

Gloria wil hê haar ongebore baba moet so gou moontlik kom sodat sy die hasepad kan vat, selfs al beteken dit om drastiese stappe te neem. ’n Ongeluk in die Samsodien-huis laat die Gerbers hulle asem ophou. Wanneer Michelle en Stefan uiteindelik ouers word, staar hulle ’n hele stel nuwe en onverwagse uitdagings in die gesig, maar dit is nie genoeg om hulle vreugde te steel nie. Hulle geluk blyk egter van korte duur te wees wanneer die onmoontlike van hulle verwag word en ’n oorlog bars los in Ruiterbosch.

1567512803 34 suidooster 1
Suidooster


Mrs. J se Christelike plig word gou tot die uiterste beproef wanneer haar nuwe inwoner, Bennie, aan almal se verkeerde kant kom. Rhafiek probeer die jong man bystaan en maak hom deel van die nuutgestigte buurtwag, maar daar is skielik meer onrus in die woonbuurt as vantevore en al die vingers wys na Bennie – is hy so onskuldig soos wat hy verklaar? Of is daar ’n slang in die gras?

1567512690 34 suidooster 2
Suidooster


Nuwe liefde wink vir Ruiterbosch se hubare dokter en die Samsodiens se blom en ’n bekende gesig trek uiteindelik terug Ruiterbosch toe, maar haar terugkeer is vir almal behalwe Bridgette aangenaam.

Hou die kleinskerm dop vir al die aksiebelaaide storielyne wat binne die volgende maand gaan ontvou. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerke #Binnelanders, #kykNETGMR én #Suidooster.