FOTO: RDK Photography
Baie geluk aan die Getroud met Rugby-akteurs, Marijke van der Westhuizen en Werner Coetser, wat hulle babadogtertjie op 5 Augustus om 17:37 in die wêreld verwelkom het.
Marijke en Werner deel hulle swangerskap-foto’s met ons:
GalleryMarijke & Werner Maternity Shoot 2019-58
“Ons wil graag hê dat Sussie haar eie naam kies. As sy ’n ligte vel en hare het, sal haar naam Leja-Ann wees. As sy ’n blas vel en donker hare het, sal haar naam Layla wees,” verduidelik die paartjie.
KYK: ONS HET NET VOOR DIE GEBOORTE VAN HUL PIENKVOET BY DIE AKTEURSPAAR INGELOER
Marijke en Werner is weeksaande om 18:00 in die kykNET-sepie Getroud met Rugby te sien. Wens hulle op sosiale media geluk deur die hutsmerk #kykNETGMR te gebruik.