Logo
Boer soek 'n vrou
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

Só skryf jy in vir jou gekose boer – Boer soek ‘n vrou

News
03 November 2023
Moenie gras onder jou voete laat groei nie – jy het tot 30 November 2023 kans om in te skryf!
woman writing

Het een van die tien boere jou hart bietjie vinniger laat klop? Dalk hou jy van dié boer want julle stokperdjies en waardes stem ooreen? Of dalk is daar ‘n onbeskryflike gevoel binne jou wat sê “dalk is hierdie die een?”

Hoe dit ook al sy, jy weet jy moet in skryf vir  die 16de seisoen van Boer soek ‘n vrou!

Moenie verder wonder nie; wees braaf en waag ‘n kans op ware liefde: Doen dit net.

Hier is wat jy moet weet:

Alhoewel daar tien boere is kan jy slegs vir een boer in skryf, maar daar is verskeie maniere om jou brief vir die boer te stuur:

  • Besoek kyknet.tv – Skryf aanlyn in; vul jou besonderhede in op die webwerf en beantwoord die vrae, of laai die inskrywingsvorm af. As jy aanlyn in skryf moet jy die bepalings en voorwaardes aanvaar. Wanneer jy dit aanvaar, kry jy ‘n lys vrae om te beantwoord.
  • Vind jou pasmaat op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER. Laai KOER af. Gaan na die Boerwoud en besigtig die boere se profiele. Jy moet swipe om belangstelling te wys in jou gekose boer. Skryf dan ‘n brief vir die boer op die app. Bly weg daarvan om slegs ‘n emoji of ‘n “Hallo” te stuur. Jy sal vir die boer wat jy wil ontmoet sê waarom jy hom of haar wil ontmoet.

  • Jy het ook die opsie om die vervaardigers, Wolflight, te bel by 079 614 2229.
  • Jy kan jou inskrywing per e-pos stuur na [email protected]. Maak seker jy het die inskrywingsvorm afgelaai, en ook dat jy die nodige dokumente aanheg op die epos.
  • Pos of koerier jou inskrywing na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129; of Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Wat jy benodig om die inskrywing te voltooi: 

  1. Dokumente

Dokumentasie sluit in ’n kopie van jou ID-dokument. Indien jy geskei of ‘n weduwee is, moet ‘n afskrif van die skei-dokument of sterfte-bewys aangeheg word.

  1. Foto’s

Jy moet twee onlangse kleurfoto’s stuur: Een wat slegs jou kop en skouers wys, en die ander is ‘n vollengte foto van jouself.

  1. ‘n Video (opsioneel)

Jy het ook die opsie om ‘n video van 1 minuut aan te stuur.

Let wel dat die volgende onaanvaarbaar is:

  • Jy mag nie in skryf as jy jonger as 21 jaar oud is nie en jy moet ongetroud wees.
  • Jy mag nie in skryf indien jy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie.

Die volgende datums is baie belangrik:

  • Jy moet voor 30 November 2023 in skryf.
  • Briewe sal tussen 7 en 20 Januarie 2024 by die boere afgelewer word.
  • Jy sal teen 31 Januarie 2024 ‘n oproep ontvang van die Boer soek ‘n vrou-span – slegs as jou aansoek suksesvol is.

Onthou, hierdie is ‘n realiteitsreeks, so jy sal tyd moet afstaan vir opnames wat gemaak moet word – dit beteken dat jy jouself beskikbaar sal moet stel vir verfilming.

Die opnames kan omtrent ‘n week lank duur. Die opnames word in Kaapstad beplan; dit sal jou ‘n geleentheid gee om ‘n afspraak te kry met die boer van jou keuse.

Gaan ontmoet die boere op Boer soek 'n vrou en maak seker om nóú jou inskrywing te voltooi! Liefde wag vir niemand nie.