Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Pietie Beyers: Bietjie soos Deon sonder die ‘scrubs’

Nuus
02 Februarie 2017
Dink Pietie Beyers, Deon in Binnelanders, mediese uniforms is sexy? Hoe het ’n aanhanger hom al laat frons? Hy beantwoord ons vrae!
Pietie Beyers Pers

Dink Pietie Beyers, wat die rol van Deon in Binnelanders vertolk, mediese uniforms is sexy? Hoe het ’n aanhanger hom al laat frons? Hy beantwoord ons vrae!

Dink jy mediese uniforms is sexy?

Scrubs beïndruk my meer as wat dit aantreklik is.

Was jy al ooit by ’n kostuumpartytjie as ’n dokter?

Nope.

As jy ’n regte dokter was, in watter rigting sou jy wou spesialiseer?

Watookal mens moet swot om die dokter te wees wat saam met sportspanne toer.

Is jy beïndruk of geïrriteerd wanneer iemand vir jou sê hulle is ’n dokter?

Beïndruk. My meisie is ’n dokter en ek weet hoe hard hulle werk!

Watter motor dink jy besit jou karakter, en hoekom dié spesifieke motor?

’n Wit Polo. Niks te fancy nie, maar betroubaar en lig op petrol.

Met watter van jou mede-akteurs kom jy die beste oor die weg?

Ek het vinnig nou bande met ’n klomp mense hier gevorm. Dis ’n eerlike, spontane en ongelooflike klomp wat hier werk.

Wat is die vreemdste ding wat jy al op stel gesien gebeur het?

Ek weet nie wat dit omtrent 2016 was nie, maar verlede jaar was meeste van die deurhandvatsels op stel met statiese elektrisiteit gelaai. Meeste van my tonele by Tonik het met ’n skok begin of geëindig.

Hoe word jy weer jouself ná ’n hele dag in jou karakter se skoene?

Trek jou eie klere aan en stuur ’n boodskap vir jou eie meisie.

Wat is die snaakste ding wat ’n aanhanger al vir jou gesê het?

Iemand het my nou die dag gesê ek lyk SO BIETJIE soos daai dokter Deon op Binnelanders. Om net so bietjie soos jouself te lyk is ’n verwarrende ervaring.

As jy vir jou karakter ’n storielyn kon skryf, wat sal jy wil hê moet met jou karakter gebeur?

Deon is ’n goeie mens wat lig uitstraal na buite. Lig binne donkerte is boeiend. Ek sal hom in gevaarlike omgewings inkry en hoe meer hy na die lig streef, hoe verder wil die donkerte hom insluk.

Ek het griep. Wat moet ek doen?

Slaap, water drink en nie jouself op Google diagnoseer soos ek al voorheen gedoen het nie.

Watter van die volgende mediese prosedures sal jy eerder uitvoer: Kolonoskopie of ’n prostaatondersoek?

Genade, ek kan nie kies nie. Beide klink besonder opwindend! ;-)

Binnelanders is weeksaande om 19:30 op die kassie. Bly hier op hoogte.