Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Mia Roberts

Nuus
10 November 2015
Ons het met Hilda Cronje, wat die rol van Mia Roberts vertolk, agter die skerms gesels oor haar loopbaan en haar karakter in Binnelanders.
SAMSUNG CSC
Ons het met Hilda Cronje, wat die rol van Mia Roberts in Binnelanders vertolk, agter die skerms oor dié karakter en haar loopbaan gesels.

Cronje is ook bekend vir haar rol in verskeie teaterproduksies.

“Ek het eendag ’n aanhaling van die kunstenaar Monay gelees,” vertel Cronje. “Monay is gevra in watter medium hy verkies om te werk. Hy sê toe ‘I work in a medium that likes to work with me’.”

Vir Cronje is TV baie anders as teater. Volgens haar is die gehoor van teaterproduksies meer “onmiddellik” as die gehoor van ’n TV-uitsendings of fliek. Sy sê egter dis interessant en opwindend om te sien en hoor wat die gehoor van ’n akteur se werk dink nadat dit op TV uitgesaai is.

34 mia binnelanders


“Ek dink elke medium het sy uitdagings en daar is ’n vaardigheidstel wat jy moet aanleer. Op hierdie stadium van my loopbaan is alles vir my opwindend. Daar is natuurlik verskillende belonings aan die einde van elke show.”

Op ’n baie vroeë ouderdom wou Cronje ’n loopbaan in vermaak volg. “Ek wou nog nooit enigiets anders doen nie. Vandat ek kon dink wat ek wou doen wou ek ’n aktrise wees.”

Haar familie is wonderlike storievertellers dit het haar loopbaankeuse beïnvloed.

“Ek het groot geword om ’n tafel waar mense gesels en stories vertel,” sê sy. Ek het daarvan gehou om gedigte voor te dra en dramaklasse by te woon. Ek het nog altyd van toneelspel gehou.”

Volgens Cronje was haar rol in die teaterstuk Miss Julie vir haar ’n lewensveranderende ervaring. Met dié teaterstuk het sy na 17 lande getoer en 20 stede besoek.

“Die teaterstuk het in 2012 gepremière en gaan oor twee weke Parys toe,” sê sy.

“Die toneelstuk en die rol is ’n hoogtepunt in my loopbaan, want die karakter verander soos ek verander. Ek dink sy was vir twee jaar ’n meestersklas in drama vir my. Daarom is Julie baie na aan my hart.”

Cronje vind aanklank by haar karakter in Binnelanders. “Mia het ’n groot empatie en passie vir minderbevoorregte mense. Dit is iets wat ek deel met haar. Sy is regtig ’n go-getter.

“Sy gee nie om oor geld nie. Sy gee nie om oor status nie. Vir haar gaan dit regtig net oor medisyne. Sy wil mense se lewens verbeter – veral die mense wat dit die nodigste het, soos kinders in Afrika of mense wat in oorlogsones grootword.”

Mia het groot drome en ideale en volgens Cronje sien sy uit om te hoor wat mense oor dié karakter te sê gaan hê.

Cronje is ’n passievolle aktrise met ’n diep liefde vir Suid-Afrika. Sy beskou haar loopbaan as ’n platform vir ’n beter wêreld, sê sy.

Hilda Cronje is te sien in Binnelanders, weeksaande om 19:30. Kyk na ’n insetsel van haar karakter hier onder: